Haai Koes!
Daniel sê: skryf honderd
vir ’n bundel
wat? is jy bedonnerd?!
ek sit ver en verdrietig
voel om alles
wat rym te vernietig
wit reier swenk en land
vang die blink vis
gapend spartelend onkant
vrees lê vlak in sy kop
want die lewe het hom
al te veel geskop
in die sameklank van woorde
stem hulle saam
en maak akkoorde
’n meisie van Rome
maak my nagte lank
vol wilde nat drome
die mans drink en lawaai
terwyl vroulief haar oester
in die see baai
suig die murg van eenvoud
maar jou toekoms word bepaal
deur net een fout
© Willem S. van der Merwe

Hoe lekker lag ons nou. Mooi!
Luister na Oom Daan. Hy sal kies en uitsoek.
Dankie Joan! Ek sal mooi luister 🙂