Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
9 February 2026

Marthé McLoud. Vaart op die Li-rivier

 

Vaart op die Li-rivier

 

Ons vaar op die Li-rivier

na ’n plattelandse dorpie —

die kalksteenvingers van China

asemrowend om ons

 

en hy, ’n vrypostige mikrofoon,

verbind die kalksteen

wat uit die rivier rys

met ons jong Chinese toergids

 

sy, lank en slank van die Noorde —

“die Suide se Chinese is korter,” vertel sy,

maar hy hou aan — ondervra haar

soos die Security Police oor die politiek

 

“Ons is vry,” sê sy, maar ek sien haar gevange oë

hoe sy soos ’n waterbuffel in moerasland wei —

versigtig om geen spoor te laat

vir geheime gespitste ore nie.

 

Na ure se vaart klim ons verstom

by Yangshuo af, waar

die inwoners 365 dae van die jaar

waterteater speel

 

en sy hom uiteindelik

soos waterdruppels

van haar kan afskud.

 

© Marthé McLoud, 2026

 

 

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

← Marthé McLoud. Geen toegang
Marthé McLoud. Selfportret van ’n Maan →

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. kapitulasie
  • Jacques Boshoff. Die hond in Desember
  • Margaret Cordier. Wes-kus Desember
  • Margaret Cordier. Tog
  • Stephan du Toit. Florence Nightingale

Nuutste bydraes

  • Ilse van Staden. aart poetica
  • Ferdi Wheeler. Also spreek Spinoza
  • Joan Hambidge. Landskappe en argiewe
  • Miel Vanstreels. Na soveel jare
  • Hennie Nortjé. Raka in my tuin

Nuutste kommentaar

  1. Marthé McLoud on Johann Lodewyk Marais. Die Kaap, die Swartland en W.E.G. Louw op Stellenbosch3 November 2026

    Hoe bring dit nou herinneringe terug. Dr Roelie van Huysteen was ons buurman en huisdokter op Stellenbosch toe ek 'n…

  2. Joan Hambidge on Marius Crous. Vier gedigte26 October 2026

    Uitstekend.

  3. Versindaba on Marius Crous. Vier gedigte25 October 2026

    Jacobus, "Dr. Swathe" se onvanpaste kommentaar is verwyder.

  4. Etienne on Andries Fourie. Waar die stilte wit is24 October 2026

    Mooi

  5. Bernard Odendaal on Johan Myburg. Vertaling uit Afrikaans in Duits. (Vert. Robert Schall)24 October 2026

    Robert Schall weet hoe om vertalend reg te laat geskied aan ‘n treffende Afrikaanse óf Duitse gedig.

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d