Die man in die maan
Almal weet van die man op die maan
met ’n bondel hout op sy rug —
so ver weg
dat die dood hom miskyk.
Eeue gelede het hy op die Sabbat
hout opgetel — asof alle dae
dieselfde is.
Sy skaduwee, nou op die maan.
In kraters lees sommige ’n skaapdief.
In skaduwee, dorings
in die voetpad
van kerkgangers.
Sy vonnis — verbrand
deur die son of in die maan gevries.
Elke volmaan sit hy daar —
stoksielalleen met sy hout.
Sy gesig —
koue oog van die kosmos,
’n spieël vir Artemis se lig.
Dante en Shakespeare
sirkel om hom.
Neil Armstrong trap eerste
op die maanman se gesig —
geen geselskap nie,
neem rotsmonsters.
Hulle het gesoek —
Net stof.
Kraters.
Stilte.
© Marthé McLoud, 2026
