Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
3 March 2026

Joan Hambidge. T.T. Cloete en die kanon

 

I

In 1980 debuteer die befaamde letterkundige T.T. Cloete (1924 – 2015) met ‘n bundel Angelliera wat D.J. Opperman indertyd as koningskos beskryf het.

‘n Slim debuut – inderdaad met ‘n angel in die lier.

In 2001 verskyn ‘n keuse uit sy gedigte: Die baie ryk ure: 100 uitgesoekte gedigte.

Hierby was wyle Charles Fryer, sy uitgewer, Heilna du Plooy en hierdie leser betrokke. En ons het onafhanklik van mekaar bykans dieselfde keuses gemaak.

 

 

Elize Botha het voor die verskyning van sy bundel gedigte (onder ‘n skuilnaam versend aan Tydskrif vir letterkunde)  vir my gewys. Ek was in ekstase en hierna het ons die nuwe digter beleef wat rym en jukstaposisie kon inspan op ‘n besondere wyse. Daardie T. Jansen van Rensburg het toe uitgekom as TTC. En ‘n nuwe orde geskep.

Sowel teoretikus as digter. Skrywer van etlike besinnings oor die digkuns soos in 1970 Twee idilles: Martjie en Trekkerswee (Blokboek) en in 1982 verskyn Hoe om ’n gedig te ontleed (Blokboek). In 1953 sy doktorale studie oor Trekkerswee en Joernaal van Jorik.

Daar was ook omstredenhede rondom sensuur en oor Breytenbach. Maar dit is ‘n gesprek vir ‘n ander dag. Net soos Marius Scholtz oor sy vader Merwe.

Mense in ‘n ander tyd en era.

https://versindaba.co.za/2026/01/29/marius-scholtz-breyten-se-reis-na-vryheid-vanuit-pollsmoor/ Besoek 28 Februarie 2026

 

II

Die digters wat my as digter laat ontwaak het, was N.P. van Wyk Louw (Nuwe Verse), Elisabeth Eybers (Balans), Sylvia Plath (Ariel), Fanie Olivier (Gom uit die sipres) en veral T.T. Cloete.

Met die lees van sy debuut, het iets losgekom in my as digter. Alles wat die grote DJO my geleer het in sy letterkundige laboratorium, het toe “waar” geword. Ek het daardie werkswinkel van Opperman sonder eie gedigte bygewoon. Ek was eers ‘n prosaskrywer, maar het later begin dig.

Iets in Cloete se aanslag het my bekoor. Die vermenging van die intellektuele en die aardse. Die paradoksale saamsnoer van alles. Die jukstaposisie tussen wat ons sien en dink. Die tegniese beheer. Die enorme kennis van Marilyn Monroe terug tot by Dante. Die vertalings en herdigtings van Baudelaire. Die saamdig van die banale en die sublieme.

En in die gedig “God die digter”, na aanleiding van Neruda se bekende uitspraak: “God is deur ’n digter gemaak”, maak hy hierdie klein vers:

 

daar is meer poësie in die sneeuvlokkie

as in die letterkunde en baie meer poësie

in die miskruier in die toktokkie

in die meteorologie en entomologie

in die moremis en in die bergpiek

die horison wat in die hemel wegraak

in die rooswolk is daar baie meer liriek

die aarde is deur ’n digter gemaak.

(Driepas, 1989)

 

In 2005 lewer ek die T.T. Cloete-erelesing aan die PU vir CHO met die titel “Die hipnose van die digkuns”. In hierdie lesing word van die belangrikste temas en tegnieke in sy digterlike oeuvre behandel.

https://joanhambidge.blogspot.com/search?q=die+hipnose+van+die+digkuns Besoek 28 Februarie 2026

Met die digter praat is ‘n bundel opstelle en gedigte ter huldiging van Cloete, saamgestel uit uitgawes van die Tydskrif vir Geesteswetenskappe (Jaargang 49 (4): Desember 2009 en Jaargang 55 (2): Junie 2015, onder die kundige redaksie van Bernard Odendaal, Hein Viljoen en Ina Wolfaardt-Gräbe.

Verskillende literatore het uiters relevante artikels oor sy werk gelewer.

Op die agterblad van Met die digter praat verskyn ‘n kwatryn uit die pen van Johann de Lange vir Cloete:

 

Die Vredefortkoepel is ‘n stil reuse plons:

‘n rooi lawaskild vir eons sissend in ‘n loog,

bergriwwe & rante, soos krale vir mastodons –

als lánk voor die dink van die digterlike oog.

 

De Lange en Cloete had ‘n uitgebreide telefoniese en e-pos- vriendskap oor teleskope, die wetenskap en die digkuns.

 

III

In die komende weke gaan ons kyk na al die belangrike artikels en beskouings oor sy werk.

‘n Groot digter, bloemleser, kritikus, Glossarium-redakteur, Bybelvertaler en herdigter van die Kerkgesange o.a., wat ‘n verskeidenheid reaksies op sy werk ontlok het.

Van Heilna du Plooy se analises van sy MM-gedigte tot Marlies Taljard se lesings van sy ekfrasis tot Phil van Schalkwyk se siening van metafisiese digkuns tot by Ina Gräbe-Wolfaardt wat sy tekste dissekteer tot by al die gesprekke oor sy werk.

 

Leopold

 

die ligte

en die vergesigte

van hemel en aarde   die swart

van die grond en stralende wolke   verward

bewegende mense   strome

water   ploeë   ou bome

voor ou huise   die verkeer

op die paaie   die weer en onweer

die ganse heelal

is daar ter wille van ’n taalkristal.

 

Joan Hambidge

Kaapstad

1 – 3 Maart 2026

 

Hier is die lys bundels:

 

1980 Angelliera

1982 Jukstaposisie

1985 Allotroop

1986 Idiolek

1989 Driepas

1992 Met die aarde praat

1998 Uit die hoek van my oog

2001 Die baie ryk ure: 100 uitgesoekte gedigte

2007 Heilige nuuskierigheid

2010 Uit die wit lig van my land gesny. Vir Anna

2011 Onversadig

2014 Karnaval en Lent

 

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

← Joan Hambidge. Ici tout est gâché
Joan Hambidge. T.T. Cloete en John Donne →

2e gedagtes oor “Joan Hambidge. T.T. Cloete en die kanon”

  1. Joan Hambidge says:
    15 March 2026 at 12:36

    Dit staan in Idiolek. 1986 bladsy 63.

    Reply
  2. Petra Pienaar-Nel says:
    3 March 2026 at 18:20

    Uit watter bundel kom die gedig oor Leopold?

    Reply

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. verskille
  • Anne-Marie Bartie. vlinderslag
  • Hendrik J. Botha. Teen sononder
  • Anne-Marie Bartie. bewys van betaling
  • Marius Crous. Twee mombakkiesliedjies

Nuutste bydraes

  • Digtersprofiel: Johan Myburg
  • Joan Hambidge. Piromaan
  • Joan Hambidge. My geliefde voormalig
  • Jasmyn Beetge. Delikaat
  • Hennie Maartens. oorskot

Nuutste kommentaar

  1. Margaret Cordier-Biermann on Margaret Cordier-Biermann. Vrye teuels16 July 2026

    Dankie, Andre — jy verf gedigte en ons ry nou tyd en woorde bloots.

  2. Andre Roothman on Margaret Cordier-Biermann. Vrye teuels15 July 2026

    Uiters gemaklik op die literere verteringsstelsel. tyd die tiran het sy deugde.

  3. Toekie on C Fritze. Boodskap aan die see14 July 2026

    Pragtig geskryf. Het dit baie geniet.

  4. Bernard Odendaal on Daniel Hugo. Wat ’n vers kan verraai en vermag13 July 2026

    Die onderbenoeming - konkreter: die min woorde - roep treffend ‘n ysliker en aaklige “werklikheid” op.

  5. Karin on C Fritze. Boodskap aan die see13 July 2026

    Dié gedig praat met my hart en met my siel. Ek verlang na die klank en die reuk van die…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d