Rottevanger
Van Hamelin kom
Die vanger:
Jy.
Jy wat muise vang
Keer toe vir my
vas
Meer nog:
In navolging van
die Vanger van Ouds
wil jy ook
Kinders lok
Kinders hê
“Opbring”, soos die Ingelsman sê.
En wat, liewe Rottevanger,
as jou muisie
’n Rot is
en al jou nakomelinge
ewe vrot is?
© WMiles, 2026
