Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
6 May 2026

Wat lees jy? “Maanschijnbaai 2: Nan en Jeannie” (Chanette Paul)

 

Maanschijnbaai 2: Nan & Jeannie

 

Maanschijnbaai 2: Jo en Sue deur Chanette Paul, LAPA, 2026

Hierdie is die tweede boek in die Maanschijnbaai-reeks. Waar die eerste boek in die reeks die lig laat skyn op die susters Sue en Jo, val die fokus hier op die ander twee Calitz-susters, naamlik Nan en haar kleindogter Jeannie. Sue en Jo het tydens die opknappings aan die liederlike kasarm wat op die hawe by Maanschijnbaai staan, hulle groot liefdes ontmoet. Jo is intussen oorsee om haarself te vind en meer uit te vind oor kristalle sodat sy haar oorlede vader se kristalwinkel op Maanschijnbaai kan bedryf. Jo studeer as sjef by ʼn toonaangewende sjefskool in die Kaap. Met ʼn dominee as beste vriend lyk dit onwaarskynlik dat Nan ʼn permanente verbintenis met hom kan aangaan, want haar belangstelling in kristalle lei haar in vreemde rigtings wat oënskynlik nie met praktiese Christenskap versoenbaar is nie. Jeannie se penarie is ewe groot wanneer sy in moeilikheid beland wat haar groot liefde Ieg telkens Amerika toe laat vlug.

Soos die eerste boek in die reeks, is Nan en Jeannie ʼn fassinerende verhaal met vele verwikkelde verhaallyne wat kundig deur ʼn gesoute skrywer vertel word. As leser kon ek met elk van die hoofkarakters identifiseer. Die Calitz-susters is gekompliseerde vroue wat weet wat hulle wil hê, maar nietemin kwesbaar en liefdevol is. As susters beskerm en ondersteun hulle mekaar. As minnaars is hulle passievol en sag. Die agtergrond van ʼn klein dorpie in die Suid-Kaap is die ideale plek vir hierdie verhaal om te ontvou. Daar is egter ook Ierland met sy Druïdes en antieke gebruike wat Nan sodanig fassineer dat sy amper haar hart daar verloor. Die verhaal verloop redelik kronologies en lees glad. Wat my egter gepla het, is dat daar gereeld woorde in die teks ontbreek wat sinne ongrammatikaal laat.

Ek beveel hierdie boek met groot entoesiasme aan. Dit is ʼn verhaal wat die verbeelding aangryp en ontvlugting uit die alledaagse sleur bied. Diegene wat die eerste boek in die reeks gelees het, kan nie dié een verpas nie!

 

– Marlies Taljard

 

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Margaret Cordier. Gestroop
  • Willem de Swyger. bokwagter

Nuutste bydraes

  • Joan Hambidge. Sheila Cussons en Dominique Botha: Die ander waarheid
  • Nuwe Publikasie. Ilse van Staden: Metamorfose
  • Digtersprofiel: Bernard Odendaal
  • Gerard Scharn. het was verschrikkelijk
  • Nuwe Bundel. Margaret Cordier-Biermann: Spiraal

Nuutste kommentaar

  1. Marieta McGrath on Gerrit Theron. Die vuurhoutjie31 August 2026

    Ek hou hiervan.

  2. Johan Coetzee on Joan Hambidge. Om die hemel te dekonstrueer30 August 2026

    Die hemel... of hel is opgedollie.

  3. DIETLOFF VAN DER BERG on Resensie: “In memoriam, Johann de Lange” (Johann Lodewyk Marais en Joan Hambidge)28 August 2026

    Soekie, ja, ek stemsaam. Van 'Boondoks' tot 'Gelykenis' is daar net soveel wat mens tref en weer wil herlees.

  4. Soekie Vogel on Resensie: “In memoriam, Johann de Lange” (Johann Lodewyk Marais en Joan Hambidge)27 August 2026

    Hambidge het haarself oortref in haar digsiklus oor De Lange. Aangrypend.

  5. Daniel Hugo on Ilse van Staden. Die Dans25 August 2026

    'n Wonderlike huldeblyk aan die digter se moeder en Van Wyk Louw.

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d