Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
29 May 2026

ND Cronjé. oor die kunsmatigheid van intelligensie

 

oor die kunsmatigheid van intelligensie

 

Laatnag sit mens langs die lamp

wanneer slaap nie saak maak nie

wanneer die vuur as en koud geword het en

nie meer aangeblaas kan word nie.

 

Jy stuur ‘n vingergebed deur die gange van die sleutelbord:

‘n voorstel vir ‘n gedig

aan die self

op ‘n voorstelling van papier.

 

Die hande en oë raak moeg uiteindelik

vir die alchemie van die brein

die klein okkerneut tussen skedel en biodigitas

wat snipper, herhaal, snipper, herhaal,

stadig lêers bêre, dikwels verkeerd opvra en ontsluit.

 

Dis die brein wat simbole leweloos dokumenteer,

as winterkos stoor diep agter in ‘n donker kas,

toegewyd soos ‘n eekhoring.

Boonop wil die brein die masjien naboots,

beangs en beïndruk. Is daar van ons weggee?

 

Die masjien is verblindend vinnig om te versamel,

verorber, te orden, bereken,

om te vertolk en voorspel:

dit het die wêreldkorpus van syfer en taal opgeslurp,

en in ‘n stortvloed uitgespoeg,

miljoene breine verswelg in ‘n decennium horribilis

of twee. Terwyl die hart stilweg stof vergader

en dáár niemand inkom om af te stof en blink te vryf nie.

 

Is daar van ons weggeneem?

 

Maar kyk helder

tussen al die toepassings, algoritmes en kilheid deur —

Daar bly iets onbegryplik mooi aan menslike broosheid:

iemand wat by ‘n vermoeide gaan sit met begrip vir die stilte,

’n hand op ‘n skouer wat bemoedig,

die verlies van ’n ou hond, die reuk van stof in die reën,

die oggend wat breek in ‘n voël se refrein.

 

En dalk is dít ons redding:

dat ons, stadig en al struikelend,

nietig en onbeholpe

tog méér is as arbeid,

méér as ‘n koorsige soeke na doeltreffendheid;

méér en vérder as wat ons probeer vermag:

breekbaar en rotsvas —

tegelyk graniet en porselein.

 

© ND Cronjé, 2026

 

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

← ND Cronjé. waterorrel
ND Cronjé. 70s kleindorpse opname →

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Margaret Cordier. Gestroop
  • Anne-Marie Bartie. kapitulasie

Nuutste bydraes

  • Resensie: Vers & Kapittel III (Daniel Hugo)
  • Nini Bennett-Moll. Jack Unterweger en die outeursfunksie van ’n reeksmoordenaar
  • Jan Rabie-Rapportprys 2026
  • Netwerk24 kykNET Rapport Herman Binge-filmprys 2026
  • Netwerk24 kykNET Rapport Breyten Breytenbach-prys vir digkuns 2026

Nuutste kommentaar

  1. Helené Coetzee on Resensie: “Van man tot man” (Olive Schreiner, versorg & verwerk deur JM Coetzee, vert. deur Antjie Krog)27 September 2026

    Wat 'n aangrypende boek!

  2. Versindaba on Gunther Pakendorf. hoe dooier hoe mooier16 September 2026

    Dankie Gunther. So op Breyten se verjaarsdag (Pampoendag). - Marlies Taljard

  3. Annora Eksteen on Gerrit Theron. Die vuurhoutjie11 September 2026

    Net so. Ek kan nie sonner my voorraad vuur houtjies nie. Kerse en gasstofie en die Kaap is heerlik Frans…

  4. Annora Eksteen on Vers-en-klank: Joan Hambidge11 September 2026

    Bai geluk professor Joan! Lank leef! ♥

  5. Bernard Odendaal on Resensie: “Van man tot man” (Olive Schreiner, versorg & verwerk deur JM Coetzee, vert. deur Antjie Krog)10 September 2026

    Jy het my nou nog nuuskieriger gemaak. Dankie, Marlies!

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • onderhoude
  • Onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d