Die sosioloog Arthur W. Frank se bekende boek “The Wounded Storyteller: Body, Ilness, and Ethics” (1995) is een van die mees aangehaalde bronne wanneer dit kom by die verwoording van siekte, patologie en dood in die letterkunde. Sy raamwerk van restitusie-, chaos- en soektog- (quest-)narratiewe het al byna geykte status in die literêre teorie verwerf…
Category: Binneblik
Binneblik is ‘n blog vir Afrikaanse digters, akademici en ander belanghebbende by die Afrikaanse digkuns & kultuurlewe. Deelnemers hieraan bestaan uit vaste bloggers wat gereeld inskrywings sal maak, en ander wat af en toe ‘n bydrae sal lewer. Vaste bloggers word aangedui by Bloglaaie waar jy al hulle vorige plasings ook kan lees.
Andries Bezuidenhout. Digkuns in meubels
Die sofa in die foto hier bo is in 1941 deur die Deense argitek Finn Juhl ontwerp. Die sofa se naam is “digter-sofa”, ook bekend as FJ41. Ek weet nie hoekom Juhl dit so genoem het nie. Dit was een van die eerste meubelstukke wat hy ontwerp het. Op hierdie spesifieke sofa (wat onlangs weer…
Andries Bezuidenhout. Dis Maandag en dis Toast Coetzer se verjaarsdag
En net daarom plaas ek ʼn ou Toast-liriek, van The Buckfever Underground se plaat Survival is Personal. Die liriek se naam is “teen maandag is ons dood”: met verbysterende vaart snel die seisoene deur die senterpaar van skoonheid en skoon jagsheid by die kroeg waar almal so half vooroor leun om of iemand se cleavage…
Louis Esterhuizen. Poësie-bevordering deur sosiale media
Na aanleiding van gister se blog oor FaceBook as die behoud van die digkuns, wil ek vanoggend skryf oor die moontlikhede wat die sosiale media bied ter bevordering van die digkuns. So berig De Contrabas oor die 13de FaceBook-vertaalkompetsie wat pas afgehandel en deur Hubert Voorhoeve (foto) gewen is met sy vertaling van die klassieke…
Andries Bezuidenhout. Gedig met bome
Terug agter die lessenaar. Hou stil om foto’s van bome te neem. Hier’s ʼn paar bome saam met ʼn nuwe gedig. Die gedig se naam is “Ritrympie”. Dalk eerder “Aftelrympie”. Of “Ritrymelarytjie”? Dít het ek nooit kon dink nie – dat ek begin September Pretoria toe sou terugkeer, na losbandige witstinkhoute, groen gefuif teen knoppiesdoringvaal,…
Louis Esterhuizen. FaceBook as behoud van die digkuns
Vir goeie rede word daar dikwels kommer uitgespreek oor die nadelige effek wat die sosiale media se verskillende vorme van kitskommunikasie op veral die jonger generasie se taalvermoëns het. Luidens ‘n berig in The Guardian het die Britse poet laureate, Carol Ann Duffy, haar ten sterkste van dié negatiewe kyk gedistansieer. Sy is…
Louis Esterhuizen. Dis raai-raai-riepa-tyd vir vanjaar se Nobelprys
Met die bekendmaking van vanjaar se wenner van die Nobelprys vir Letterkunde vroeg volgende maand nader ons sekerlik nou weer die seisoen van raai-raai-riepa oor wie vanjaar bekroon gaan word. En net soos dit die geval is met groot sportgelenthede soos Wimbledon, byvoorbeeld, word daar ook na ander voorafgaande byeenkomste (of in hierdie geval pryse) gekyk…
Andries Bezuidenhout. Johannesburg se oomblik
As daar nou een ding is waaroor ek spyt is, is dit dat ek nie Vrydagaand in Johannesburg kon wees vir die afskop van die Mail & Guardian se literêre fees nie. Gelukkig het die koerant Karl von Holdt (in die foto hier bo, saam met Adele Kirsten) se toespraak in geheel gepubliseer. Biko en…
