Desmond Painter het belydenis gedoen oor ʼn vroeër fassinasie met Søren Kierkegaard. Die foto hier bo is van ʼn miniatuurweergawe van ʼn standbeeld van hom, wat elders in Kopenhagen staan. Die foto is in die Kopenhagenmuseum geneem, waar ʼn vertrek ingerig is om wat oor is van sy besittings te huisves. Desmond het veral in Kierkegaard…
Category: Binneblik
Binneblik is ‘n blog vir Afrikaanse digters, akademici en ander belanghebbende by die Afrikaanse digkuns & kultuurlewe. Deelnemers hieraan bestaan uit vaste bloggers wat gereeld inskrywings sal maak, en ander wat af en toe ‘n bydrae sal lewer. Vaste bloggers word aangedui by Bloglaaie waar jy al hulle vorige plasings ook kan lees.
Louis Esterhuizen. Carol Ann Duffy se gedig oor geweldpleging
In The Guardian het daar die naweek ‘n gedig verskyn wat Carol Ann Duffy (foto), Brittanje se poet laureate, oor die dood van Haroon Jahan geskryf het. Haroon (21) is een van die drie jongmans wat deur ‘n kar doodgery is gedurende die onlangse onluste in Birmingham. Blykbaar het Haroon en twee vriende probeer om hul buurt…
Andries Bezuidenhout. Poul Henningsen en die ligte van Landskrona
Poul Henningsen (1894-1968) moet een van die mees enigmatiese figure in Denemarke se ontwerpgeskiedenis wees. Soos Arne Jacobsen, oor wie ek my vorige blog geskryf het, was hy ʼn modernis. Hy was egter skepties oor die harde funksionalisme van argitekte soos Jacobsen, Mies van der Rohe en Le Corbusier. Volgens hom was hul argitektuur steriel en…
Pieter Odendaal. Oom Driffie by McDonald’s
Verlede Dinsdagoggend sit en eet ek ’n babelas-ontbyt in McDonald’s se rookarea in Merrimanstraat. Die twee potplante in die hoek is power. Die asblik loop oor van die papiersakke en burgerboksies van gisteraand se dronk studente. Ek rook ’n sigaret, teug aan my aangemaakte Coke. ’n Oom met ’n asem kom sit oorkant my, vra…
Louis Esterhuizen. Hoekom verkoop digbundels so swak?
O krinklende winklende waterding, waarom verkoopt gij niet? So begin De Standaard hul berig oor die kommerwekkende afname van digbundelverkope die afgelope vier jaar … Volgens hul beriggewer soveel as 25% teenoor voorafgaande jare: “Dat uitgevers niet rijk worden door het publiceren van dichtbundels, is bekend. Maar de duik die de verkoop de laatste vier…
Andries Bezuidenhout. Vanaf Bellavista kan jy Swede sien
Ek sit op die oomblik op stoel nommer 3107. Wel, dalk eerder ontwerp nommer 3107, deur Arne Jacobsen (1902-1971). Buite Denemarke is hierdie modernistiese argitek en ontwerper (in die foto hier bo) meer bekend vir stoele as geboue. Dink maar aan die sogenaamde swaanstoel en die eierstoel (twee van laasgenoemde in die agtergrond). Vroeër vandag…
Louis Esterhuizen. Philip Levine volg W.S. Merwin op as laureate
Luidens ‘n berig by The New York Times het die Library of Congress gister bekend gemaak dat Philip Levine aangewys is as die VSA se volgende poet laureate. Hy volg W.S. Merwin op. Volgens James Billington, hoofbibliotekaris van die Library of Congress, was die lys genomineerdes indrukwekkend, maar Levine se nominasie het glo algemene…
Desmond Painter. ‘n Sjostakowitsj vir die 21ste eeu
Dimitri Sjostakowitsj se 24 Preludes en Fugas is myns insiens een van die wonderwerke van die 20ste-eeuse klaviermusiek. Dis ‘n epiese kopknip in die rigting van J.S. Bach se Das Wohltemperirte Clavier, maar dis ook ‘n idiosinkratiese, inspirerende weefwerk van allerlei invloede en musikale verwysings: Russies, Joods, modernisties, tradisioneel, jazz, aangebied in ‘n veelheid van stemme…
