Digstring Lima Peru probeer om te vergeet waarsku die stad om lig te loop want ek wil die kind op die sypaadjie nie sien nie gesig versluier agter vuillug garúa probeer om te vergeet die koue kind ruik Mercado del Indios se alpakkatruie en musse van wol laat die stad in…
Category: Digstring
Digstring is ‘n blog waar daar in besonderhede ingegaan word op die maak en betekenis van spesifieke gedigte deur met die betrokke digters ‘n gesprek daaroor te voer aan die hand van vooropgestelde vrae.
Digstring: Melanie Grobler. Die eerste vrees is hier
Die Eerste Vrees Is Hier. Waar die rivier soos ʼn skepbeker deur die mere loop kom ek om middernag by die grenspos, hoog op ʼn heuwel aan. Murgsat na ʼn uitgestrekte tentatiewe reis na die ewenaar tuur ek suid, na onder toe die onvermydelike sigbaar word. In ʼn brose teeplantasie omarm ʼn jong…
Digstring: Toast Coetzer. geluk
Digstring geluk hier in die onvanpaste wêreld van verrookte stukke veld blom die ongewone liefdes as skaaphompe per kim soms dwaal my gedagtes slaap ek agter stuur strompel boekaspaai bladloos oor die kaart elke nuwe brug bly rif roep oor rivier waterbloed in karpkieu suurstofbobbelbed maar snags in vreemde dorpe…
Digstring: Daniel Hugo. Ontnugterde digter
Digstring Ontnugterde digter dít het hy geglo op vyf-en-twintig: jy moet al die oseane bevaar as jy gesout en wêreldwys wil dig met ‘n bottel het hy die boot beman en ‘n dekade lank hom dol gedra toe tussen dek en kaai oorboord gegaan op vyf-en-twintig – na baie skande – weet hy jy kan…
Digstring: Ronelda S. Kamfer. Stof
Digstring stof die aanklag kantoor het geruik na stof die juffrou wat my gebring het se kar het ook so geruik – stof die hoof se kantoor die maatskaplike werker met die sweterige hande die pastorie die verbeteringskool se siekeboeg alles het na stof geruik maar die aanklagkantoor se stof was anders dit het…
Digstring: Gilbert Gibson. Another roadside attraction
another roadside attraction die motor was ’n wit almera ses jaar oud met honderd en sewe duisend kilo’s op bande effe afgeloop (veral regs agter) en ’n duik in die deur. voor het die ma gesit die pa agter die wiel boetie agter ma en die babasussie in komberse toe die…
Digstring: Antjie Krog. Vier seisoenale waarnemings van Tafelberg
Digstring Vier seisoenale waarnemings van Tafelberg winter dinsdag 17 junie na die storm brul die berg barnsteen-skuim al met haar nate af woensdag 18 junie ek kan nie na jou kyk nie – nie vandag nie. met afgewende oë gaan ek my elke- dagse gang. daar’s nie meer plek vir die…
Digstring: Marius Swart. Liefdes-e-pos
liefdes-e-pos geliefde, ek stuur vir jou ‘n rewritable DVD daar’s ‘n paar nice songs op wat ek op limewire afgelaai het en ‘n show van Jeff Dunham ook daai ou met die poppe, jy weet? Achmed the dead terrorist en hulle? fokkit, hy’s funny! jy sal dit LOVE. ek hoop jou DVD…
