My nooi is in ’n nartjie my ouma in sjirash iemand, iewers skink nóg ’n glas grenache roep cheers deur die maskers ek sit vêr van jou Covid gee die sproeireën met sanitary handwash © Anton Dockel, 2021
Tag: Anton Dockel kwatryn
Kwatrynkompetisie (124)
Skippie in ‘n bottel Ryp druif, son, grond gevang in ’n kwatryn korrels na pars, gis en vat gebottel as wyn. Eindelik seil ’n klein skip agter glas weg vir die pandemie, tydelik net skyn. © Anton Dockel, 2021
Kwatrynkompetisie (67)
Die jaar is reeds oorryp in die blare die keer gans anders as ander jare gaan die wingerd vroeg in winterslaap oesjaar 2020 is die pandemie se fanfare © Anton Dockel, 2021
Kwatrynkompetisie (42)
soos druiwe gepars om wyn te berei die sap van die pitte en doppe geskei staan die mensdom en kan maar net gis sal die entstof ons uit die vate bevry? © Anton Dockel, 2021