Kwatrynkompetisie (91)
Saturday, April 3rd, 2021
Ons leef die lewe van kring tot kring
in diepe verwond’ring oor menige ding.
Druiwe word gepars, mense gelouter om
midde-in pandemies en sterstondes die lewe te besing.
© Elisabeth Hentschel, 2021