Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
6 August 20096 August 2009

Ons verwelkom twéé nuwe bloggers!

Philip de Vos
Rondelda Kamfer
Ronelda Kamfer

Soos die Kaapse winterreën hier voor my studeerkamervenster neersif, sif die vreugde hierdie week ook omtrent onverpoos deur hierdie webblad. Bykans elke bydrae laat ‘n mens tonekrul kry van plesier. En vanoggend is geen uitsondering nie … Dit is vir ons besonder aangenaam om nie net een nie, maar twéé nuwe bloggers te verwelkom, naamlik Philip de Vos en Ronelda Kamfer. Wat ‘n aanwins! Philip is natuurlik alombekend vir sy aweregse en unieke sin vir humor en sy eerste bloginskrywing is sommer van meet af aan trefseker en sekuur. Ronelda, wat eers op ‘n latere stadium haar eerste blog-inskrywing sal plaas, is natuurlik bekend vir “Noudat slapende honde”, haar digdebuut waarmee sy ons behoorlik wakker gegrom het. Ons wil graag glo dat haar blog ‘n voorsetting hiervan sal wees … Aan julle albei: Baie welkom en hê sommer boordensvol pret hiermee!

Terloops, blogruimtes is een van die mees belangrike funksies op hierdie (en waarskynlik enige ander) webblad. Deur middel van blog-inskrywings word nie net die interaktiewe komponent verhoog nie, maar dit dien ook as gedagteprikkels wat gesprek kan inisieer of in ‘n bepaalde rigting kan stuur. Daarom dat ons die bestaande bloggers direk en persoonlik uitgenooi het om op hierdie webblad te blog vanweë hul spesifieke  belangstellings, sienings en voorkeure ten opsigte van tema en aanbod. Verdermeer is verskeidenheid in hierdie opsig van kardinale belang. Daarom is daar seker nie één liefhebber van poësie wat nie by ten minste een blogger aanklank gaan vind nie. So – snuffel rond en geniet die stukke wat hulle op so ‘n gereelde basis en met soveel toegewyde ywer vir jóú leesplesier op hierdie webblad plaas. En – indien jy lus voel daarvoor – lewer kommentaar. Waar anders gaan jy die geleentheid kry om met persone van hierdie formaat in gesprek te kan tree? Maak gerus gebruik daarvan.

Soos al vantevore gesê: Hierdie webblad het géén ander oogmerk as om die Afrikaanse digkuns en haar ondersteuners tot diens te wees nie.

Ten slotte wil ek net noem dat Pietjan, die koningrooibekkie, waaroor ek in Maandag se Nuuswekker berig het, darem weer terug is op sy pos voor my ruit. Die vermoede bestaan dat hy inderhaas elders moes heen vanweë ‘n hardnekkige gerug van ‘n verdwaalde wyfie verder af in die straat. Lyk nie of sy dwaalvlug suksesvol was nie; hy’s steeds stoksielalleen. Maar nou só vasgegom aan sy spieël dat g’n mossie hom vandaar kan skorriemorrie nie.

Mooi bly. En spesiaal vanoggend, ‘n vers van die nimlike De Vos. Geniet dit.

LE

 

Jy moet áltyd

in jou spoor trap,

voor jy dalkies

in iets goor trap.

Want lê daar hondebollie

is jou dag nie meer so jollie.

 

(c) Philip de Vos (Uit: Nuwe Kinderverseboek, Tafelberg, 2009)

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

← Philip de Vos. Philip de Vos se blog
Philip de Vos. miere is diere →

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. verskille
  • Anne-Marie Bartie. vlinderslag
  • Hendrik J. Botha. Teen sononder
  • Anne-Marie Bartie. bewys van betaling
  • Marius Crous. Twee mombakkiesliedjies

Nuutste bydraes

  • Koos de Wet. vóór die smelting
  • Digtersprofiel: Gert Vlok Nel
  • Meyer van Rensburg. Spieëlkamer
  • Margaret Cordier-Biermann. Verlossing
  • Wynand J Booysen. koue afgrond

Nuutste kommentaar

  1. Miel Vanstreels on Miel Vanstreels. Voorlopig1 August 2026

    Dankie, Marieta

  2. Conrad on Hans du Plessis. Psalm 121 (Stemgreep)30 July 2026

    Goeie middag ek is n koorleier van die VGK Kerk Kraaifontein en is op soek na die SATB Blad musiek…

  3. Marieta McGrath on Miel Vanstreels. Voorlopig30 July 2026

    Stout gedig! Baie snaaks!

  4. Bernie on Rainer Maria Rilke. Almal wat Jou soek, beproef Jou (vert.)29 July 2026

    Kan die vertaler dalk verduidelik waarom hy hoofletters gebruik in sy vertaling terwyl Rilke kleinletters gebruik.

  5. Bernard Odendaal on Daniel Hugo. Plaagbeheer28 July 2026

    Ja, hoe beheer ‘n mens die plaag waarvan in die slotreël gewag gemaak word …?

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d