Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
11 June 201011 June 2010

Lanoye se “Sprakeloos” in Afrikaans vertaal

Antjie & Tom
Antjie & Tom

Laat ek dit nou maar erken: iets wat vir my hoendervellekker is, is wanneer ek met my geskrop op die internet my onverwags vasloop teen ‘n berig oor die Afrikaanse letterkunde; poësie al dan nie. So was dit toe ek vroeër hierdie week ‘n draai maak by De Papieren Man en daar pronk Antjie Krog saam met Tom Lanoye op ‘n foto onder die opskrif: “Sprakeloos van Lanoye verschijnt in het Afrikaans.” Ai, mense, watter weerstand het jy dáárteen? Pure lekkerte, pure vreugde.

Graag haal ek die openingsparagraaf van die berig volledig aan: “Sprakeloos, de succesvolle moederroman van Tom Lanoye, wordt onder dezelfde titel vertaald in het Afrikaans, zo meldt zijn uitgever Prometheus. De vertaling verschijnt in februari 2011 bij  Protea Boekhuis. Vertaler van dienst is Daniel Hugo. Het boek zal worden gepresenteerd tijdens het jaarlijkse literaire festival Woordfees in Stellenbosch, vlakbij Kaapstad, waar Lanoye de helft van het jaar woont en werkt.”

Sprakeloos is natuurlik nie die eerste werk van Lanoye wat in Afrikaans vertaal word nie. Vantevore was daar Kartonnen dozen (Kartondose) en Een slagerszoon met een brilletje (Een slagterseun met ‘n brilletjie) wat albei deur Daniel Hugo vertaal is. Antjie Krog was verantwoordelik vir die vertaling van Lanoye se toneelstuk Mamma Medea.

Maar ongetwyfeld is Sprakeloos die belangrikste tot dusver aangesien dit nie net bekroon is met de Gouden Uil nie, maar ook genomineer is vir die Libris Literatuurprijs. Verdermeer is hierdie roman van Lanoye reeds in sy 13de druk; volgens die berig beteken dit dat daar al meer as 60,000 kopieë van hierdie “moederroman” verkoop het: “Sprakeloos is het relaas van de beroerte, de daaropvolgende afasie, de langzame aftakeling en de uiteindelijke dood van Lanoyes moeder, ‘een vijfvoudig moederdier en amateuractrice eersteklas’, aldus die berig.

En ons kan nie wag nie.

En – indien jy dit gemis het – kan jy sommer gou-gou weer Daniel Hugo se essay oor die “wording van ‘n vertaler” lees wat ons onlangs op die webblad geplaas het …

***

Sedert gisteroggend is die onderhoud wat Marius Crous met debutant Melt Myburgh oor sy bundel Oewerbestaan gevoer het, geplaas. Aan die blogkant van sake kan jy jou verlekker aan inskrywings deur Chrétien Breukers, Andries Bezuidenhout, Desmond Painter en jelleke Wierenga. Dan vestig ek ook graag jou aandag op ‘n nuwe verskamer vir Kobus Lombard wie se bundel Vlerke vir my houteend vroeër vanjaar verskyn het. ‘n Onderhoud wat met hom gevoer is, sal vroeg volgende week geplaas word.

Ten slotte maak ons graag die rede vir Charl-Pierre Naudé se stilswye die afgelope maande bekend: hy is intussen getroud en bevind hom tans saam met sy bruid in Antwerp waar hy volgende week aan die Felix Poësiefees gaan deelneem. Veels geluk, Charl-Pierre! Mag daar vele vreugdevolle jare vir jou en Nicky in die vooruitsig wees …

En dan kan dit nou nie meer ontken word nie: dit is tyd. Ke Nako, of soos ons sê in die Kaap: Maak’it aan!

‘n Plesierige naweek word almal toegewens.

Mooi bly.

LE

Charl-Pierre & Nicky
Charl-Pierre & Nicky

 

 

 

 

 

 

 

 

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

← Daniel Hugo. Die wording van ‘n vertaler
Daniel Hugo. veertien reëls vir ‘n wettelose land →

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. verskille
  • Anne-Marie Bartie. vlinderslag
  • Hendrik J. Botha. Teen sononder
  • Anne-Marie Bartie. bewys van betaling
  • Marius Crous. Twee mombakkiesliedjies

Nuutste bydraes

  • Koos de Wet. vóór die smelting
  • Digtersprofiel: Gert Vlok Nel
  • Meyer van Rensburg. Spieëlkamer
  • Margaret Cordier-Biermann. Verlossing
  • Wynand J Booysen. koue afgrond

Nuutste kommentaar

  1. Miel Vanstreels on Miel Vanstreels. Voorlopig1 August 2026

    Dankie, Marieta

  2. Conrad on Hans du Plessis. Psalm 121 (Stemgreep)30 July 2026

    Goeie middag ek is n koorleier van die VGK Kerk Kraaifontein en is op soek na die SATB Blad musiek…

  3. Marieta McGrath on Miel Vanstreels. Voorlopig30 July 2026

    Stout gedig! Baie snaaks!

  4. Bernie on Rainer Maria Rilke. Almal wat Jou soek, beproef Jou (vert.)29 July 2026

    Kan die vertaler dalk verduidelik waarom hy hoofletters gebruik in sy vertaling terwyl Rilke kleinletters gebruik.

  5. Bernard Odendaal on Daniel Hugo. Plaagbeheer28 July 2026

    Ja, hoe beheer ‘n mens die plaag waarvan in die slotreël gewag gemaak word …?

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • onderhoude
  • Onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d