ʼn Kamer met ʼn parketvloer. Francois sit met kitaar en sing Koos du Plessis se “Skadu’s teen die muur”. Langs hom op die vloer lê ʼn kopie van Erfdeel – ʼn versamelbundel van al Koos du Plessis se lirieke en gedigte – asook Wynand, klaarblyklik dood of uitgepass.
Ek het baie van Johannes Kerkorrel se tribute aan Koos du Plessis gehou. Het Kerkorrel destyds die songs live gesien opvoer in Jargonelles in Brixton, Johannesburg.
Ek het ook baie van Battery 9 se weergawe van “Kouevuur” gehou. Het hulle dit live sien doen by Oppikoppi een Nuwejaar. Het begin dans – nog in my army boots – en nie opgehou tot vroeg die volgende oggend nie.
Dan is daar Gert Vlok Nel se afskeidslied aan Koos du Plessis – “Waarom ek roep na jou vanaand.” Ek het hom dit van agter my donkerbril hoor speel in ʼn tent – was dit Oppikoppi, Oudtshoorn?
En nou het Van Coke Kartel hierdie weergawe opgeneem en ʼn video daarvoor gemaak. Kyk dit hier.
Wynand Myburgh, Van Coke Kartel se baskitaarspeler, sê oor hulle weergawe van Skadu’s: “Ons vind aanklank by Koos se werk – en veral sy woorde. Ons het nog altyd van die song gehou en het gedink dit sal lekker werk met ʼn moderne klank.”
Oor die band se verwerking van Skadu’s sê Francois van Coke: “Die oorspronklike song is in ʼn majeur. Ons het dit na ʼn mineur verander want ons het gevind dit werk vir ons beter by die toon van die woorde.”
Ek hou ook baie daarvan en kan nie wag om te sien hoe hulle dit live doen nie.
Binnekort word ʼn versamelalbum van Koos du Plessis se musiek in Nederland uitgereik.
Wat is dit wat maak dat generasie op generasie steeds inspirasie vind in sy musiek?
Andries, ja, die musiek is soms uitstekend, veral (vir my) Hallelujah; So Long, Marianne; Hey, That’s No Way to Say Goodbye; en Take This Waltz. Maar as die lirieke deur Patricia Lewis was het ons nie nou oor Leonard Cohen se musiek gesels nie.
Ek het al genoeg keer Koos du Plessis onsuksesvol vir anderstaliges gespeel om te dink dat die musiek en liriek onskeibaar in mens se brein saamsmelt. Maar net as jy die woorde verstaan.
“Take this longing” is pragtig. Is dit waar hy sing: “…and the useless things these hands have done”? Dit is vir my altyd so ‘n eer wanneer die ouens liedjies oor my skryf!
Wat vroulike agtergrondsang betref, Cohen, Dylan en ander het op ‘n stadium mos graag vir Emmylou Harris gebruik in daardie rol. ‘n Geinspireerde keuse! Gaan luister maar weer ‘n slag na Dylan se “Desire”, steeds ‘n ietwat onderwaardeerde werk, waarskynlik omdat dit skaars 11 maande of so iets na die ikoniese en natuurlik geniale “Blood on the Tracks” uitgereik is.
Terloops, as ek net 5 Dylan-albums na die eiland mag vat, sal dit hierdies wees:
The Freewheelin’ Bob Dylan
Bringing It All Back Home
Blood on the Tracks
Desire
Love & Theft
Ek weet baie mense verkies Time out of Mind uit Dylan se later werk, maar vir my is Love & Theft die een waarna ek telkens terugkeer. Lirieke, sang, verwerking, die hele w^reld wat die album oproep: dit is vir my perfek, een van die beste albums die laaste dekade.
Dankie Andries – ek wou my mos half herinner dat iemand iewers die gedig/liriek van Cohen al hier geplaas het. Noudat ek die twee so saam gelees het, Lorca en Cohen, weet ek nie meer watter een die mooiste vir my is nie. Nietemin, dis ‘n goeie verwerking wat Cohen gedoen het met nommerpas nostalgiese musiek daarvoor!
Wysneus, die musiek is soms darem ook besonders. Ek luister graag Cohen se “Take this longing”, van die album New skin for the old ceremony, spesifiek vir die vroulike agtergrondstemme. Veral waar Cohen sing: “I would like to try your charity until you cry, ‘Now you must try my greed…’” Net as hy sing “Now you must try my greed,” is daar die mooiste vroulike stem wat in die agtergrond aarsel. ‘n Mens moet fyn daarvoor luister. Ai. Marlise, hier’s ‘n inskrywing van lank gelede wat Cohen en ander se vertalings van Lorca se gedig oor die wals vergelyk: https://versindaba.co.za/2009/09/01/om-lorca-musikaal-te-vertaal/
‘n Interessante artikel ja, oor die woord ‘love’. Cohen se lirieke is vir my uiters poëties, woorde en musiek. Sommige beelde soos die ‘dead magazine’ & ‘dragging its tail in the sea’, ens. het ‘n magiese kwaliteit/realisme wat my bekoor, selfs al verstaan ek dit nie altyd nie. Soos in hierdie lied wat ook my gunsteling is nl. Take this Waltz [after Lorca]:
Now in Vienna there’s ten pretty women
There’s a shoulder where death comes to cry.
There’s a lobby with nine hundred windows.
There’s a tree where the doves go to die.
There’s a piece that was torn from the morning,
and it hangs in the Gallery of Frost —
Ay, ay, ay, ay
Take this waltz, take this waltz,
take this waltz with the clamp on its jaws.
I want you, I want you, I want you
on a chair with a dead magazine.
In the cave at the tip of the lily,
in some hallway where love’s never been.
On a bed where the moon has been sweating,
in a cry filled with footsteps and sand —
Ay, ay, ay, ay
Take this waltz, take this waltz,
take its broken waist in your hand.
This waltz, this waltz, this waltz, this waltz
with its very own breath
of brandy and death,
dragging its tail in the sea.
There’s a concert hall in Vienna
where your mouth had a thousand reviews.
There’s a bar where the boys have stopped talking,
they’ve been sentenced to death by the blues.
Ah, but who is it climbs to your picture
with a garland of freshly cut tears?
Ay, ay, ay, ay
Take this waltz, take this waltz,
take this waltz, it’s been dying for years.
There’s an attic where children are playing,
where I’ve got to lie down with you soon,
in a dream of Hungarian lanterns,
in the mist of some sweet afternoon.
And I’ll see what you’ve chained to your sorrow,
all your sheep and your lilies of snow —
Ay, ay, ay, ay
Take this waltz, take this waltz,
with its “I’ll never forget you, you know!”
And I’ll dance with you in Vienna,
I’ll be wearing a river’s disguise.
The hyacinth wild on my shoulder,
my mouth on the dew of your thighs.
And I’ll bury my soul in a scrapbook,
with the photographs there, and the moss.
And I’ll yield to the flood of your beauty,
my cheap violin and my cross.
And you’ll carry me down on your dancing
to the pools that you lift on your wrist —
O my love, O my love
Take this waltz, take this waltz,
it’s yours now. It’s all that there is.
Marlise, Mark Steyn (moet liefs nie vra nie) het ‘n interessante artikel geskryf oor die moeilikheid met “love” vir liriekskrywers, en wat Leonard Cohen daarmee maak:
“By contrast, the romantically inclined Manitoban lyricist is stymied at every turn. English has just four and a half rhymes for “love,” approximately three-quarters of which offer highly limited possibilities: “above,” “dove,” “glove,” “shove,” and (the half-rhyme) “of,” pronounced “uv.” The last is the reason why, in English songs, “love” is a thing you spend a lot of time “dreaming uv.” “Shove” is of limited application, except in ballads for spousal abusers. “Glove” is annoyingly singular. In Irving Berlin’s “I’ve Got My Love To Keep Me Warm,” the romantic swain finds himself, as many northern canoodlers do on this day, in sub-zero temperatures but set aflame by his passion:
Off with my overcoat
Off with my glove
I need no overcoat
I’m burning with love…
– and you find yourself thinking: why’s the guy only wearing one glove? The most artful deployment of the “love/glove” rhyme is a magnificently dismissive anti-romantic sentiment in Professor Henry Higgins’ mysogynist masterpiece, “Let A Woman In Your Life” from My Fair Lady:
You want to talk of Keats or Milton
She only wants to talk of love
You go to see a play or ballet
And spend it searching for her glove…
We should also give an honourable mention to Leonard Cohen, who set himself the challenge of finding something fresh to say for three-and-a-half of the four-and-a-half rhymes and managed to give a rare erotic frisson to the singular finger-warmer:
Touch me with your naked hand or touch me with your glove
Dance Me To The End Of Love…”
“Dance me to the end of love” is nog steeds na hoeveel dekades een van my gunstelinge. Hier sing Cohen dit steeds mooi – maar hy heelwat ouer met ‘n hoorbare gebrokenheid in sy stem: http://www.youtube.com/watch?v=Ki9xcDs9jRk
Wysneus die ‘golden storm’ reel i myns insiens genoeg om Cohen se digterlike onsterflikheid te waarborg.
Met Koos en Cohen is die musiek vir my bysaak. Dit is die woorde wat sing. Miskien is dit een van my geestesversteurdhede, maar hierdie woorde maal gereeld deur my kop, as daar niks anders in aangaan nie:
I loved you in the morning
Our kisses deep and warm,
your head upon the pillow
like a sleepy golden storm.
daar was ‘n vroeër tyd van drome droom
van vlinders jag van boom tot boom
van stil beloftes om die storievuur
onthou jy, iemand het geglimlag
iemand het geweet
dat jy en ek tog eendag
alles sou vergeet
en nou’s daar niks wat ek kan doen nie
niks kan ons versoen nie
dis reeds diep in Junie
die somer is verby
I said to Hank Williams: how lonely does it get?
Hank Williams hasn’t answered yet
but I hear him coughing
all night long
a hundred floors above me
in the Tower of Song
die donker kom van buite
en syfer deur die ruite
en ek gooi nog ‘n paar kole op die vuur
en die tafel en die laaikas
en alles wat eers was
versmelt tot blote skadu’s teen die muur
Ah the last time we saw you you looked so much older
your famous blue raincoat was torn at the shoulder
you’d been to the station to meet every train
and you came home without lili marlene
want tyd is wind en wind is, nes ‘n kind,
op soek na iets, ies ver en nuuts
en so raak jy uiteindelik verdwaal
en daardie aand toe ek totsiens sê
die rook ons half verblind
en jy jou wêreld in my hande lê
was ek net ‘n kind
Hallo Andries. Ek stem saam, Cohen s’n is meer ‘tong-in-die-kies-tacky’. In ‘n sekere sin werk dit dan ook wel.
Ek het ‘n opname van die Jopie Adam song gedoen deur Theuns Jordaan en iemand anders; moontlik self Karla du Plessis? In elk geval, ek kan Theuns Jordaan se covers van ander mense se Afrikaanse songs oor die algemeen nie verduur nie (veral die Goosen-medleys en “Skipskop” maak my gek, en om een of ander rede word dit heeltyd in my local Spar gespeel) so ek bly maar op soek. Soos in ‘n Koos du Plessis song.
Ek moet bieg, Moemfie ken ek nie! Miskien moet iemand ‘n ‘compilation’ maak van Afrikaanse temaliedjies. “Trompie” en “Lucky Luke” sal hoog op my lysie wees. En Clarabelle v Niekerk se “Ek is bang vir dinge wat roer”, of wat die liedjie se naam ook al is.
Desmond, ek hou nogal van die tacky verwerkings op “I’m your man” en “The future”. Dit gaan so half saam met Cohen se T-hemde met pinstripes en geoliede hare van die tyd. Tong-in-die-kies-tacky. In teenstelling skat ek die strings op Koos du Plessis se plate is meer om dit respektabel vir die middelklas te maak, so dis heel anders. Laat ek maar erken dat ek nie objektief daarna luister nie. Ek weet nie waar ‘n mens die Jopie Adam-kenwysie in die hande sal kry nie. Ek het dit op ‘n solus sewe (ek dink dis die korrekte Afrikaans daarvoor), maar het lanklaas my oorle skoonpa se draaitafel gekoppel om na plate te luister.
A
NS. ‘n Obskure feit: Koos du Plessis het ook die wysie vir die kinderprogram “Moemfie” geskryf: “Moefie was ‘n olifant, ‘n regte heer en so galant, sy maniere ken hy al te goed…” Of so iets.
Hallo Andries, die probleem met effekte is dat hulle later so maklik “dated” klink — selfs die op “Jantjie vd Berge”, waarna jy verwys, val vir my vandag vreemd op die oor.
Ek sou in elk geval Du Plessis se soort songs, en sy stem, verkies sonder strings — canned of nie. Maar dit is persoonlike smaak: ek voel dieselfde oor die over the top ’80s klank soms op Cohen se andersins briljante “I’m your man” album. En moet nie eers praat van Bob Dylan se doodgebore pogings om ‘n ’80s klank te ontwikkel op albums soos “Empire Burlesque” en “Knock-out Loaded” nie…
Waar kry ‘n mens Koos du Plessis se opname van die “Jopie Adam” song, ek vergeet nou die naam? “Wie weet”…?
Desmond, dis Nick Taylor wat dit opgeneem het. Van die effekte, soos op “Jantjie vd Berge”, was cutting edge vir die tyd. Ek dink nie die strings is canned nie, maar ek kan verkeerd wees daaroor. Gert Vlok Nel sing mos dat Koos du Plessis eintlik n^rens hoort nie.
Wag tot jy my deurwinterde weergawe hoor van “Herman”… “Java en malta, Beiroet en Bombaai” was as kind vir my die mees magic woorde in ‘n Afrikaanse liedjie. As ek ‘n sanger was sou ek twee Afrikaanse liedjies cover: “Herman”, en Kramer se “Lenie”, wat een van die beste love songs is wat ek ken.
Die beste van Koos Du Plessis se liedjies het, soos Leonard Cohen s’n, ‘n tydlose kwaliteit. Dit klink nou na ‘n cliche, maar ek bedoel dit letterlik: mens kan hulle eintlik nie maklik plaas in die gewone pop/rock kategoriee van ’60s, ’70s en ’80s nie. Hulle klink of hulle buite ‘n spesifieke tyd onstaan het; altyd oud, altyd nuut. Ek was verstom toe ek op skool in die ’80s die eerste keer agterkom “Kinders van die Wind” en “Sprokie vir ‘n Stadskind” is deur ‘n herkenbare mens geskryf, en sommer net ‘n jaar of vier gelede. Ek het aangeneem dit is soos “Suikerbossie” of so iets, musiek wat somehow net bestaan.
Daar is sulke “canned strings” op sommige van sy opnames wat altyd vir my jammer was. Wie was die produksieleier nou weer? Nick iemand? Altyd gewens ek kon dit uit-edit, en net kitaar-en-stem oorhou; rou, soos Nebraska. So dit is goed dat jonger kunstenaars die goed op nuwe maniere speel en opneem.