Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
12 March 20129 March 2012

Melanie Grobler. Joshua Tree

Joshua Tree: Berghiëroglief

 

Menige stemme van die geheime hiëroglief

vertel van grotte gevul met sesam.  Mere

in veraf valleie klou aan druppels water.  Elders

bewerk vlytige boere hangende bergterrasse

en tem die vrugbare aarde gedurende sagte seisoene.

 

Tydens die tyd van winter meditasie sluimer die yl

geweefde mat van diep riete en bruin landerye.

ʼn Enkele regiment van populiere buig in die ysige suidewind,

die bleek roedes verberg die innerlike vorms van die vy

die amandel, die moerbei en die mistieke appelkoos.

 

Die hiërogliewe fluistering word die blaffende coyote

wat praat met die vrou met gevlegte hare, van God

wat voetloos na die pers-wordende einders loop.

Die gewiglose mirtebos ritsel sekondes voor die dag breek.

Oral langs die buitelyne van die landskap val die sagte dou.

 

 

© Melanie Grobler, 2012

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

Melanie Grobler. Paula Modersohn-Becker praat met haarself →

2e gedagtes oor “Melanie Grobler. Joshua Tree”

  1. Melanie Grobler says:
    6 December 2013 at 16:47

    baie spesiaal dankie, Johann

    Reply
  2. Johann de Lange says:
    12 March 2012 at 16:17

    Mooi vers Melanie. Net in strofe 2 is die aanvang lomp (Tydens die tyd…), Wat van “In tye van wintermeditasie…”, of “Tydens wintermeditasie…”?

    Sien uit na nog verse van julle reis deur al daardie verdwergende landskappe.

    Reply

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Marius Crous. Twee mombakkiesliedjies
  • Carla Botha. Lesse in Wêreldreise
  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum

Nuutste bydraes

  • Carina van der Walt. nuwe perspektiewe na verhuising
  • Ilse van Staden. Die Dans
  • Miel Vanstreels. Opvoeding
  • Johann Lodewyk Marais. Inflasie
  • Daniel Hugo. Die domein van die rym

Nuutste kommentaar

  1. Versindaba on Joan Hambidge. Sheila Cussons en die verwikkelde lyn17 August 2026

    Marlies Taljard: Johann se Lange het destyds in "Kaapse Paragrawe" soms oor Sheila Cussons geskryf. Sien byvoorbeeld dié onderhoud wat…

  2. Andries Fourie on Andries Fourie. Soos die val van ‘n veer16 August 2026

    Baie dankie Anne-Marie!

  3. Joan Hambidge on Joan Hambidge. Sheila Cussons en Borges11 August 2026

    Dank. Albei is wonderbaarlike digters. Ek lees nou weer die hele Cussons en hoe sy Neruda en Borges vir ons…

  4. Mirinda on Krige Visser. lykskou10 August 2026

    Iets wat mens nooit sal vergeet nie....veral wanneer so jonk en sensitief...en die reuke sal mens altyd bybly...

  5. Eugene Vorster on Joan Hambidge. Sheila Cussons en Borges10 August 2026

    Beste Professor Hambidge, baie dankie vir hierdie boeiende artikel. Dit inspireer ‘n mens om verder oor Borges & Cussons te…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d