Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
7 August 20125 August 2012

Melanie Grobler. Paula Modersohn-Becker praat met haarself

Paula Modersohn-Becker praat met haarself

                                    (vir dié een wat weggeglip het)

 

ek wil soos amber word

 

Daphne wou in ‘n boom verander

haar keuse was soet lourier

sy het altyd groen blare gekies

maar ek wil dieper na amber gaan

 

hierdie lig, hierdie sonnige Mei-oggend

                        in Parys

wat my hare na amber verander

                        die donker rossige kleur

meer rooi as goud

 

my oë: amberbruin

helderder as die halssnoer

wat ek vandag dra ̶ die groot ovaal

swaar amber krale

 

vroegoggend en dis reeds snikheetwarm

dit maak tog nie saak nie want ek staan halfkaal in die kamer

                                    dis makliker om op hierdie naak manier

te skilder. dit dra tog by tot die betekenis

 

 

sal ek veel anders lyk as ek swanger is

my tepels, so bleek vandag, sal hul die kleur van amber kan verdra?

 

en my bloed? ek verbeel my dat my bloed sterker

of swakker sal word. dat die lope diep van rivierklanke

stil sal word

dat dit sal ophou klop

dat my bloed stil sal raak

en op die ou einde amber word.

 

 

Paula Modersohn-Becker. Selfportret met amber krale. Olie op doek 1906

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

← Melanie Grobler. Joshua Tree
Melanie Grobler. Skemerland →

2e gedagtes oor “Melanie Grobler. Paula Modersohn-Becker praat met haarself”

  1. Melanie Grobler says:
    6 December 2013 at 16:48

    baie dankie Johann. Mx

    Reply
  2. Johann de Lange says:
    9 August 2012 at 17:07

    Pragtige vers, Melanie. Jx

    Reply

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Marius Crous. Twee mombakkiesliedjies
  • Carla Botha. Lesse in Wêreldreise
  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum

Nuutste bydraes

  • Carina van der Walt. nuwe perspektiewe na verhuising
  • Ilse van Staden. Die Dans
  • Miel Vanstreels. Opvoeding
  • Johann Lodewyk Marais. Inflasie
  • Daniel Hugo. Die domein van die rym

Nuutste kommentaar

  1. Versindaba on Joan Hambidge. Sheila Cussons en die verwikkelde lyn17 August 2026

    Marlies Taljard: Johann se Lange het destyds in "Kaapse Paragrawe" soms oor Sheila Cussons geskryf. Sien byvoorbeeld dié onderhoud wat…

  2. Andries Fourie on Andries Fourie. Soos die val van ‘n veer16 August 2026

    Baie dankie Anne-Marie!

  3. Joan Hambidge on Joan Hambidge. Sheila Cussons en Borges11 August 2026

    Dank. Albei is wonderbaarlike digters. Ek lees nou weer die hele Cussons en hoe sy Neruda en Borges vir ons…

  4. Mirinda on Krige Visser. lykskou10 August 2026

    Iets wat mens nooit sal vergeet nie....veral wanneer so jonk en sensitief...en die reuke sal mens altyd bybly...

  5. Eugene Vorster on Joan Hambidge. Sheila Cussons en Borges10 August 2026

    Beste Professor Hambidge, baie dankie vir hierdie boeiende artikel. Dit inspireer ‘n mens om verder oor Borges & Cussons te…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d