Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
23 April 201223 April 2012

US Woordfees: Persverklaring re Versindaba Poësiefees

Persverklaring: Die US Woordfees en Versindaba Poësie-fees

Die US Woordfees het besluit om die Versindaba Poësie-fees, wat jaarliks in September as item op die fees se jaarprogram aangebied is, nie meer as aparte entiteit voort te sit nie. Poësie-items op die Versindaba-program sal voortaan opgeneem word in die Woordfees se omvattende skrywersprogram.

In 2013 vind die veertiende Woordfees op Stellenbosch plaas van 1 tot 10 Maart.

Die Versindaba Poësie-fees is die afgelope twee jaar onder die vaandel van die US Woordfees aangebied nadat die stigters, Louis Esterhuizen en Marlise Joubert, die feesbestuur genader het om die reëlings daarvan oor te neem. Esterhuizen en Joubert het die Versindaba in 2005 in die lewe geroep toe die Afrikaanse poësie erg gemarginaliseer was en hulle die kollig daarop wou laat val. Dié situasie het intussen verander en die egpaar het sedertdien die Versindaba-webwerf met groot sukses gevestig.

Die US Woordfees ondervind dat feesgangers verkies om hul tyd en energie vir literêre vermaak te reserveer vir ‘n enkele feesgeleentheid per jaar. Tydens die Woordfees word literêre pitkos boonop aangevul deur musiek, drama, kuns en diskoers-aanbiedinge.

Organiseerders is dit eens dat Versindaba 2011 in alle opsigte op ‘n hoogtepunt geëindig het. Dié fees-in-die-kleine het ‘n besliste bydrae gelewer om die kollig op Afrikaanse poësie te laat val in ‘n tyd toe dié genre afgeskaal en vanuit verskeie oorde en onder beleg was.

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

18e gedagtes oor “US Woordfees: Persverklaring re Versindaba Poësiefees”

  1. Pieter Odendaal says:
    25 April 2012 at 18:36

    Ek wil graag vir Melt Myburgh om verskoning vra. In retrospek kan ek sien dat my kommentaar maklik en verkeerdelik as ‘n persoonlike aanval op hom misgelees kan word. Dit was hoegenaamd nie my bedoeling gewees nie. Melt het al baie liters bloed uitgesweet vir die poësie en ek sal hom altyd daarvoor respekteer.

    Ek moet ook byvoeg dat hy byvoorbeeld vir my en ander opkomende digters uit Kayamandi, Kuilsrivier en Gugulethu verlede jaar ‘n inklusiewe platform tydens die einste Versindaba beskikbaar gestel het. My kommentaar oor die ekslusiwiteit van die fees was dus ook deels ongeregverdig gewees.

    Dit wat Melt al vermag het en aanhou vermag om ‘n liefde vir die poëtiese woord te kweek staan bo verdenking. Ek weet egter ook dat daar ander “powers that be” is wat besluite soos hierdie een maak en wil dit dus onomwonde stel dat my kommentaar teen hulle gemik is.

    Ek dink steeds dat die afskaffing van die fees ‘n groot verlies is, nie net as gevolg van wat die fees al vermag het nie, maar ook omdat die fees soveel potensiaal getoon het om ‘n groter en inklusiewer liefde vir die Afrikaanse poësie te kweek.

    Melt, dankie vir al die ontelbare ure se harde werk en opofferings wat jy gemaak het om die fees aan die gang te hou. Daarvoor salueer ek jou.

    Reply
  2. Marlise says:
    25 April 2012 at 12:25

    Nee wat ‘imperialisties’ pas so waar nie in by die werk wat Woordfees doen nie!
    Wat marginalisering van die digkuns betref: gaan terug 10 tot 15 jaar gelede toe daar slegs sowat 2 digbundels by ‘n uitgewer sou verskyn! En dis hoekom ek & Louis toe met ‘n fees begin het om digters ‘n podium te gee en die digkuns weer te bevorder. Daardie doel is grootliks bereik en die aantal bundels wat verskyn het, het al hoe meer geword! Hierdie webblad het ook bygedra daartoe! Ek glo/hoop dit sal so voortduur.

    Reply
  3. Melt Myburgh says:
    25 April 2012 at 12:11

    Ek neem kennis van almal se reaksies. Ek voel egter in die gesig gevat deur insinuasies dat die Woordfeesspan imperialisties, “nie lus” (dus lui) en integriteitloos is. Dit blus my entoesiasme vir projekte waaroor ek normaalweg opgewonde sou wees.

    Reply
  4. Marlise says:
    25 April 2012 at 11:29

    Carina ek is seker die feeste wat jy noem soos Poetry Internasional wat al jarre lank bestaan verwissel gedurig van bestuur? Daar is seker altyd mense wat oorneem en voortgaan daarmee? Die Versindaba Poësiefees is mos nou weer beskikbaar en ek hoop daar is iewers dan ‘n klompie jong mense wat dit kan oorneem en bestuur. Waar is die digters dan tussen 20 en 40 jr oud? Vol energie en vars idees? Intussen is ek dankbaar dat Woordfees wel die fees kon laat voortgaan het vir 2 jr. (Niemand anders het belanggestel nie!) Miskien is daar ‘n ander groot organisasie wat dit kan borg? Want ja, so fees kos dae en weke se beplanning en geld! Maar dis ook die soort fees waar dit nooit om wins gaan nie.
    Pieter, ek kan onthou in die verlede by die feeste wat ons die eerste 5 jaar van stapel gestuur het, dat daar sommer baie ou omies en tannies was wat dit ondersteun het, tot ons vreugde natuurlik. Miskien het van hulle ook soms bietjie aan die slaap geraak en van al die baie woorde gedroom … Poësie het nogal ‘n manier om soms sussende te wees…:)

    Reply
  5. Desmond says:
    25 April 2012 at 11:06

    Daar is beslis plek vir eksklusiewe poësiefeeste (of: deurlopende geleenthede waar die digkuns gevier word), maar wat Woordfees en Versindaba betref: dit was darem nie ‘n “hostile takeover” nie. Niemand is teensinnig opgeslurp nie. En om Dorothea en Melt-hulle “imperialiste” te noem, rek die definisie van daardie woord darem bietjie ver… 😉

    Reply
  6. Carina van der Walt says:
    25 April 2012 at 09:31

    @Pieter: Ek was DAAR met die snorkende oompie aan die einde van die aand op Lanzerac! Dit was eintlik baie snaaks:-)) Die enigste wat ek toe nie besef het nie, is dat hy eintlik ‘n metafoor is. En waarvoor? Ek vermoed elke digter sal dit self kan invul.
    @Breyten: Dis interessant om te hoor dat die voordrag van Wopko Jensma se gedig so goed gedoen het in die Bordienghuis afgelope Maartmaand, terwyl mense op die Woordfees oor die algemeen nie geweet het hoe om daarmee om te gaan nie! Poësie het nog altyd koppig sy eie gang gegaan en ek vermoed dit sal nou waarskynlik ook so wees in Afrikaanse met mense soos Sjaka Septembir, Jitsvinger, Kamfer, Small en ja, Jensma!
    @Johnn en Louis: Is dit dan geen contradictio in terminis as die Woordefees volgens alle aanduidings die afgelope jaar sy maksimum groeipunt bereik het en behoorlik uit sy nate gebars het, maar dan tog omdraai om die grootste bemarkingsinstrument vir Afrikaanse poësie (hierdie webwerf uitgesluit) – VERSINDABA – op te slurp en te verpulp tot net nog maar één keusemoontlikheid tussen ‘n reeds té gevarieerde aanbod? Hierdie verwikkeling lyk eerder soos ‘n waarborg om uit die internasionale gesigsveld te verdwyn, terwyl “eksklusiewe” poësiefeeste juis aan die orde van die dag is in Europa – Poetry Internasional, Saint Amour, Watou ens. ens.

    Reply
  7. Louis says:
    25 April 2012 at 08:18

    Ter wille van die interessantheid: Tydens verlede maand se Woordfees was daar 97 buiteverkooppunte waar boeke by betrokke was; met 106 skrywers en 186 titels in totaal. Dit is net die boekgerigte items. Hiervan was 25 items poësieverwant (25,7%, dus). Dit mag selfs nog meer wees, aangesien ek nie nou die volledige program byderhand het nie; ek gaan gewoon af op die werksrooster van Protea Boekwinkel Stellenbosch se personeel wat dié buiteverkooppunte moes beman het …
    En watter boek uit dié magdom was die topverkoper? Joan Hambidge se bundel “Lot se vrou”, gevolg deur George Claassen-hulle se “God? Gesprekke oor die oorsprong en uiteinde van alles”.
    Gesien dat daar in 2004 geen poësie-item op die Woordfees-program was nie,is die prominente teenwoordigheid van die digkuns op die Woordfees-program tans iets wat allerweë verwelkom en ondersteun behoort te word.
    So was dit ook verlede jaar en die jaar tevore.
    Waarom dan voortgaan met ‘n handeklap-geleentheid by wyse van ‘n “eksklusiewe” poësiefees? In 2005 was dit beslis nodig, ja, maar tans het dit tyd geword dat die digkuns haar regmatige plek breëbors op die verhoog te midde van ander aanbiedings inneem.
    Soos wat dit reeds die geval is by soveel ander feeste landwyd ook.
    Myns insiens is die tyd vir handeklap verby; nou is dit die tyd vir werk om die Afrikaanse digkuns internasionaal te vestig en te bemark.
    A luta continua!
    Die stryd duur voort.

    Reply
  8. Desmond says:
    25 April 2012 at 06:59

    Twee feeste onder dieselfde vaandel 6 maande uit mekaar IS dalk bietjie onrealisties, veral as dieselfde (klein) span beide moet organiseer. Pieter, g’n rede waarom julle by SlipNet (of wie ook al) nie die gap kan vat nie! 😉

    Reply
  9. Daniel Hugo says:
    25 April 2012 at 06:58

    Ek sou graag wou weet: Op grond waarvan kan die Woordfeesbestuur verklaar dat die Afrikaanse digkuns nie meer gemarginaliseer is nie? Die imperialis was nog altyd ‘n vernuftige geskiedskrywer.

    Reply
  10. Andries Bezuidenhout says:
    25 April 2012 at 06:15

    Johann, sowaar! Daar oorval ‘n Karel Schoemaneske hartseer my vanoggend. Waar gaan ek nou na Van Wyk Louw getoonset as lieder saam met waardige dames in neuspoeier en stola luister? Die HB Thom staan leeeeeeeeeeeg.

    Reply
  11. Johann de Lange says:
    24 April 2012 at 19:01

    Die inlywing van Versindaba by die Woordfees het soos dit nou maar met inlywing van allerlei aard gesteld is hierdie ‘eenwording’ onafwendbaar gemaak. Met die laaste Woordfees al het die program ‘n soort versadigingspunt bereik, ‘n kritieke massa, & het van die feesgangers begin voel dat dit besig is om onbeheerbaar te raak, dat daar te veel op variasie gefokus is ten koste van diepte, kwaliteit. Elke poeheet wil nou sy eie podium, sy eie gebeurtenis hê, kompleet met engelebak. Miskien is daar iets te sê vir die herinstelling van een groot indaba waar onderdak gegee word aan al die vismotte, die perdebye & die swerm steekvlieë wat op die oomblik so half verblind in eie dampkring sirkel. Praktiese oorwegings, & nié nostalgie nie, moet hier die swaarste weeg.

    Reply
  12. Pieter Odendaal says:
    24 April 2012 at 17:44

    Breyten, inderdaad. Dit is presies dieselfde klankie wat ek van die gemeentelede se kant af geruik het, maar mens moet mos versigtig trap in hierdie mynveld van ‘n dorp.

    Dankie vir jou verhelderdende uiteensetting. Die meeste van die Versindaba-crowd was hoeka gestewel en gedas gewees by die erediens te Lanzerac verlede jaar. En ek het met my eie oge ‘n omie sien snork.

    Roudienste is nou nie juis nie die beste manier om ‘n taal soepel te hou nie. Ons moes dalk eerder aerobics tot die maat van Jitsvinger se hiphop gedoen het (Hy tree terloops vanaand in Kaapstad op, maar ek verwag nie om enige van die kaltjirvaltjirs daar te sien nie.)

    Ek hou van “baastion”. En ja, my tong lê knus in my kies as ek oor Stellenbosch praat – hoe dan nou anders?

    Miskien lê die klontjie van die probleem in die kieste van ooms (bleek van die ouderdom) wat steeds Afrikaans al suigende vir hulself wil afsper, maar wat weet ek?

    Reply
  13. Breyten Breytenbach says:
    24 April 2012 at 16:49

    En so van die os op die jas: wat is ‘n “diskoers-aanbieding”?

    Reply
  14. Breyten Breytenbach says:
    24 April 2012 at 16:45

    Pieter – Koningin Victoria en haar empaaierbouers van nomenklatura en Feespolitici sal vir jou sê die oorweë stelling dat (kosbare) “tyd en energie (dis immers swáár werk om belangstelling te genereer) vir literêre ‘vermaak’ (kom, laat my lag – maar nie te veel nie) te reserveer…” und so weiter, gelees moet word in die lig daarvan dat ‘kultuur’/Kultur/Kaltjir ‘n kiesklontjie is vir uitsonderlike geleenthede van piëteit, soos wanneer jy gestewel en gedas dorp toe gaan vir nagmaal.

    En jy het seker jou tong in die kies wanneer jy van S-SS – (ag dêmmit, ek weet nie vir wat ek nou so hakkel nie) Ssstellenbosch praat as “bastion van Afrikaans”? Alhoewel baastion nogal pas.

    Die bastertong, Afferkaans, was mos nooit ‘n trotse SeseseSteseStellenbosse produk nie. Of is dit al lank nie meer nie.

    Reply
  15. Pieter Odendaal says:
    24 April 2012 at 15:47

    Wat my afpis, is dat die verklaring doekies omdraai en ‘n gebrek aan integriteit toon. “Die US Woordfees ondervind dat feesgangers verkies om hul tyd en energie vir literêre vermaak te reserveer vir ‘n enkele feesgeleentheid per jaar.” Bog, man. Wees ten minste eerlik oor die affêre, sê dat dit te veel moeite is om die ding te reël, of dat daar nie meer geld is nie, of watookal.

    Hoe moet jong wannabe-digters oor hierdie stand van sake voel? As daar nie eers genoeg belangstelling/commitment vir poësie in Stellenbosh, daardie bastion van Afrikaans, is nie, is daar seker geen salf aan te smeer nie.

    Reply
  16. Carina van der Walt says:
    24 April 2012 at 14:56

    AGGE NEE! Nie elke verandering is ‘n verbetering nie. In Nederlands het hulle ook nog die pragtige woord “verslechtering”.

    Reply
  17. Breyten Breytenbach says:
    24 April 2012 at 14:20

    En so word nog ‘n ruimte – juis van waarde omdat dit marginaal was – voor die goue kalf van verbruikerspragmatisme gelê.

    Reply
  18. Andries Bezuidenhout says:
    24 April 2012 at 07:35

    Wal-Mart!

    Reply

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Marius Crous. Twee mombakkiesliedjies
  • Carla Botha. Lesse in Wêreldreise
  • Stephan du Toit. Moed
  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news

Nuutste bydraes

  • Ilse van Staden. Die Dans
  • Miel Vanstreels. Opvoeding
  • Johann Lodewyk Marais. Inflasie
  • Daniel Hugo. Die domein van die rym
  • Johann Lodewyk Marais. Swartoogtiptol

Nuutste kommentaar

  1. Versindaba on Joan Hambidge. Sheila Cussons en die verwikkelde lyn17 August 2026

    Marlies Taljard: Johann se Lange het destyds in "Kaapse Paragrawe" soms oor Sheila Cussons geskryf. Sien byvoorbeeld dié onderhoud wat…

  2. Andries Fourie on Andries Fourie. Soos die val van ‘n veer16 August 2026

    Baie dankie Anne-Marie!

  3. Joan Hambidge on Joan Hambidge. Sheila Cussons en Borges11 August 2026

    Dank. Albei is wonderbaarlike digters. Ek lees nou weer die hele Cussons en hoe sy Neruda en Borges vir ons…

  4. Mirinda on Krige Visser. lykskou10 August 2026

    Iets wat mens nooit sal vergeet nie....veral wanneer so jonk en sensitief...en die reuke sal mens altyd bybly...

  5. Eugene Vorster on Joan Hambidge. Sheila Cussons en Borges10 August 2026

    Beste Professor Hambidge, baie dankie vir hierdie boeiende artikel. Dit inspireer ‘n mens om verder oor Borges & Cussons te…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • onderhoude
  • Onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d