Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
1 August 2012

Persverklaring: ‘n PEN-sentrum vir Afrikaans

 PRETORIA PEN  (Geherkonstitueer)

‘n PEN-sentrum vir Afrikaans

Die  ideaal van ‘n  Afrikaanse PEN-sentrum word eersdaags bewaarheid wanneer ‘n voorstel hieroor in Korea ter tafel gelê word.

Pretoria PEN, wat vroeër vanjaar geherkonstitueer is, het van die Raad van PEN International in Londen goedkeuring gekry om ‘n naamsverandering tot PEN Afrikaans aan te vra by die 2012- wêreldkongres van PEN. Die kongres word in September in Gyeongju, Suid-Korea gehou en sal na verwagting deur meer as 500 lede van PEN wêreldwyd bygewoon word.

PEN is ‘n internasionale skrywersvereniging wat skrywers, vertalers, joernaliste en uitgewers deur middel van sentrums in lande dwarsoor die wêreld saamsnoer en verteenwoordig.

Pretoria PEN is in 2005 as die tweede PEN-sentrum in Suid-Afrika erken.  ‘n Engelstalige SA PEN bestaan reeds baie dekades.

Nadat die werksaamhede van Pretoria PEN doodgeloop het, het ‘n aantal van die lede onder leiding van die skrywers Pieter Haasbroek, John Miles en Fanie Olivier in Oktober 2011 begin met ‘n proses om die sentrum weer aan die gang te kry. Een van die belangrikste mikpunte was om die sentrum te herposisioneer rondom Afrikaans.

Samesprekings is gevoer met ‘n verteenwoordiger van die bestuur van die Afrikaanse Skrywersunie wat tydens die Woordfees vanjaar gestig is. Die ASU het tydens sy stigtingsvergadering die moontlikheid van samekoms tussen die twee inisiatiewe oopgehou, en sal die gedagte van samesmelting verder voer die oomblik dat PEN Afrikaans amptelik erkenning kry. Daar is duidelik ‘n behoefte aan ‘n inklusiewe en verteenwoordigende Afrikaanse skrywersvereniging met ‘n internasionale profiel.

Die nuwe bestuur het die laaste paar maande hieroor intensief met die PEN-hoofkantoor in Londen oorleg gepleeg. Die betrokke subkomitee het by die Raad van PEN International aanbeveel dat so ‘n naamsverandering aan die kongres opgedra word vir goedkeuring deur die algemene ledevergadering.

Fanie Olivier (tussentydse voorsitter van Pretoria PEN) en die bekende skrywer EKM Dido is die afgevaardigdes van Pretoria PEN by die  kongres.

 

 

Navrae:

Fanie Olivier (Pretoria PEN)        082 613 1488

Kerneels Breytenbach (Afrikaanse Skrywersunie) 082 712 5694

 

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

Mediavrystelling: PEN Afrikaans suksesvol geregistreer →

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. kapitulasie
  • Jacques Boshoff. Die hond in Desember
  • Margaret Cordier. Wes-kus Desember
  • Margaret Cordier. Tog
  • Stephan du Toit. Florence Nightingale

Nuutste bydraes

  • Nini Bennett-Moll. Die poëtika van towerspreuke
  • Andries Fourie & Carma Shaw. Heroïese Sonnettekrans – Openbaring
  • Daniel Hugo. Kuns-matig
  • Ilse van Staden. aart poetica
  • Ferdi Wheeler. Also spreek Spinoza

Nuutste kommentaar

  1. Linda on Ferdi Wheeler. Also spreek Spinoza4 November 2026

    Goed bewoord en mooi vloeiende gedig

  2. Marthé McLoud on Johann Lodewyk Marais. Die Kaap, die Swartland en W.E.G. Louw op Stellenbosch3 November 2026

    Hoe bring dit nou herinneringe terug. Dr Roelie van Huysteen was ons buurman en huisdokter op Stellenbosch toe ek 'n…

  3. Joan Hambidge on Marius Crous. Vier gedigte26 October 2026

    Uitstekend.

  4. Versindaba on Marius Crous. Vier gedigte25 October 2026

    Jacobus, "Dr. Swathe" se onvanpaste kommentaar is verwyder.

  5. Etienne on Andries Fourie. Waar die stilte wit is24 October 2026

    Mooi

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d