Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
20 November 201220 November 2012

Desmond Painter. Gaza: ‘n Jeugmanifes

Op 4 Januarie 2011 het ek hierdie vertaling van ʼn manifes, opgestel deur ʼn groep jeugaktiviste in Gaza, op my blog geplaas. Ek gebruik gewoonlik nie dieselfde materiaal vir meer as een bloginskrywing nie, maar vandag wil ek tog ʼn uitsondering maak – omdat die hernude aanvalle in Gaza so ontstellend is; en ook in reaksie op iets wat Breyten Breytenbach in sy onderhoud hier met Andries Bezuidenhout oor die Palestynse krisis gesê het, naamlik dat dit die ‘morele merker van ons tyd’ is.

Die manifes verwoord die woede en frustrasie van hierdie jong aktiviste met die rolspelers in daardie nimmereindigende konflik: Israel, Hamas, die VN, en ook ons, die internasionale gemeenskap. Dit bly, amper twee jaar later, ʼn hartstogtelike kuberkreet uit ʼn oorlogsgeteisterde gebied; ʼn soort ‘anthem for doomed youth’:

 

Fok Hamas. Fok Israel. Fok Fatah. Fok VN. Fok UNWRA. Fok VSA!

 

Ons, die jeug van Gaza, is gatvol van Israel, Hamas, die besetting, die vertrapping van ons menseregte, en die onverskilligheid van die internasionale gemeenskap!

Ons wil skree, deur hierdie muur van stilswye, ongeregtigheid en onverskilligheid breek soos Israel se F16s deur die klankgrens breek; met alle mag uit ons siele uit skree, sodat ons bevry kan word van ons oorweldigende, verterende frustrasie met hierdie fokken situasie waarin ons leef…

Ons is siek daarvan om vasgevang te wees in hierdie politieke stryd; siek van kooldonker nagte met vliegtuie wat bo-oor ons huise rondvlieg; siek daarvan dat onskuldige boere in die buffersone geskiet word, bloot omdat hulle na hulle landerye omsien; siek van bebaarde mans met gewere, wat hulle mag misbruik en jong mense opneuk of opsluit omdat hulle betoog vir dit waarin hulle glo; siek van die muur van skaamte wat ons skei van die res van ons land, wat ons gevange hou op ʼn stukkie aarde die grootte van ʼn posseël; siek daarvan om uitgebeeld te word as terroriste, tuisgemaakte fanatici met plofstof in ons broeksakke en boosheid in ons oë; siek van die onverskilligheid waarmee ons deur die internasionale gemeenskap bejeën word, sogenaamde deskundiges in die lug van opinies en opstel van resolusies, maar lafaards wanneer dit kom by die toepassing van enigiets waaroor hulle ooreengekom het; ons is siek en sat daarvan om hierdie kak lewe te lei, om in die tronk aangehou te word deur Israel, om opgefok te word deur Hamas, om totaal geïgnoreer te word deur die res van die wêreld.

Daar is ʼn revolusie aan die broei in ons, ʼn reusagtige ontevredenheid en frustrasie wat ons sal vernietig as ons nie ʼn manier kan vind om hierdie energie te kanaliseer in iets wat die status quo kan uitdaag en ons een of ander vorm van hoop kan gee nie.

Ons het Operasie Cast Lead, waartydens Israel met groot effektiwiteit die hel uit ons uit gebombardeer het, en duisende huise en selfs meer lewens en drome vernietig het, skaars oorleef. Gedurende die oorlog het ons onmiskenbaar die gevoel gekry dat Israel ons graag sal wil uitwis van hierdie Aarde. Gedurende die laaste paar jaar doen Hamas alles in hulle vermoë om ons gedagtes, gedrag en strewes te beheer. Hier in Gaza is ons bang om opgesluit, ondervra, geslaan, gemartel, gebombardeer en doodgemaak te word. Ons kan nie beweeg soos ons wil nie, sê wat ons wil nie, doen wat ons wil nie.

GENOEG! Genoeg pyn, genoeg trane, genoeg lyding, genoeg beheer, beperkinge, onregverdige regverdigings, terreur, marteling, verskonings, bombarderings, slapelose nagte, dooie burgerlikes, swart herinneringe, troostelose toekoms, hartverskeurende hede, versteurde politiek, fanatiese politici, godsdienstige stront, genoeg gevangehouding! ONS Sê STOP! Hierdie is nie die toekoms wat ons wil hê nie! Ons wil vry wees. Ons wil ʼn normale lewe kan lei. Ons wil vrede hê.

Is dit te veel gevra?

 

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

← Onderhoud met Breyten Breytenbach
Breyten Breytenbach. Brief aan ‘n figuur in Manet se Olympia →

3e gedagtes oor “Desmond Painter. Gaza: ‘n Jeugmanifes”

  1. Johan A. van der Merwe says:
    25 November 2012 at 13:12

    Sjoe! Baie dankie hiervoor, Desmond. Dis ‘n kragtige stuk en werd om wyer bekend gestel te word.

    Reply
  2. Leon Retief says:
    21 November 2012 at 03:02

    Stem!!

    Reply
  3. Buiteblaf Breytenbach says:
    20 November 2012 at 14:12

    Desmond: Dankie!! mag die manifes groot aanklank vind. Dankie vir die treffende vertaling. Mag dit ons daaraan herinner dat ons nog stemme het om te kan leen vir hulle wie s’n doodgesmoor en opgeblaas en keelaf gesny word. Niks kan belangriker wees as die respek vir ‘n menselewe, vir alle lewe nie. Die volgehoue slagting van onskuldige mense, en dikwels is hulle net kinders, wat sienderoë en sinies in die naam van pragmatisme of wat dan ook toegelaat word, is afgryslik. En dis ‘n ontering van ons gedeelde menswees.

    Reply

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. vlinderslag
  • Anne-Marie Bartie. bewys van betaling
  • Marius Crous. Twee mombakkiesliedjies
  • Carla Botha. Lesse in Wêreldreise
  • Stephan du Toit. Moed

Nuutste bydraes

  • Johann Lodewyk Marais. Swartoogtiptol
  • Hennie Maartens. blommeprag
  • Joan Hambidge. Sheila Cussons en die verwikkelde lyn
  • Johann Lodewyk Marais. Seisoen
  • Koos de Wet. Onse Raka

Nuutste kommentaar

  1. Versindaba on Joan Hambidge. Sheila Cussons en die verwikkelde lyn17 August 2026

    Marlies Taljard: Johann se Lange het destyds in "Kaapse Paragrawe" soms oor Sheila Cussons geskryf. Sien byvoorbeeld dié onderhoud wat…

  2. Andries Fourie on Andries Fourie. Soos die val van ‘n veer16 August 2026

    Baie dankie Anne-Marie!

  3. Joan Hambidge on Joan Hambidge. Sheila Cussons en Borges11 August 2026

    Dank. Albei is wonderbaarlike digters. Ek lees nou weer die hele Cussons en hoe sy Neruda en Borges vir ons…

  4. Mirinda on Krige Visser. lykskou10 August 2026

    Iets wat mens nooit sal vergeet nie....veral wanneer so jonk en sensitief...en die reuke sal mens altyd bybly...

  5. Eugene Vorster on Joan Hambidge. Sheila Cussons en Borges10 August 2026

    Beste Professor Hambidge, baie dankie vir hierdie boeiende artikel. Dit inspireer ‘n mens om verder oor Borges & Cussons te…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d