Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-M)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
18 February 2013

De Waal Venter. Werklik onwerklik

Werklik onwerklik

 

 Baie mense dink,

sê professor Faag,

dat die werklikheid bestaan

as ‘n entiteit

wat bepaald en goed omskrewe is.

 

En dit is nie?

vra ‘n student,

‘n stewige industriële stewel,

een van ‘n tweeling.

 

Nee, antwoord professor Faag,

die werklikheid is in werklikheid stelle persepsies

wat deur jou denke flits

en nooit dieselfde is nie.

 

Beteken dit laasnag was nie werklik nie?

vra ‘n ander student, ‘n pragtige rooihaarmeisie,

met ‘n hunkerende klankie in haar stem.

 

Net in die sin dat laasnag

in verskeie vorme voorkom

in die huidige werkinge van jou denke.

glimlag professor Faag.

 

Met alle respek, professor,

sê ‘n ander student, ‘n renosterbul, met ‘n frons.

Hy skuif in sy sitplek

wat pynlik kraak.

Daar is laasnag op my geskiet

en ek is lig gewond –

hy vryf sy linkerskouer –

en vir my is laasnag baie werklik.

 

Ek is seker dit lyk vir jou so, Theodosius,

sê professor Faag simpatiek.

maar wat jy nou ervaar

is jou wond, nie laasnag nie.

 

Met ander woorde die werklikheid hou aan verskuif?

vra ‘n ander student, ‘n vlekvrye staalkastrol,

en versit sy deksel

met ‘n klein, maar helder diepklank.

 

 

Jy dink nog steeds daaraan as ‘n entitiet, Pablo,

reageer die professor.

Die werklikheid is nie ‘n film met ‘n geordende volgorde nie,

dit bestaan net wanneer dit nie bestaan nie.

 

Die professor is meteens nie meer daar nie.

Net ‘n intieme kledingstuk bly agter,

en niemand wil dit ondersoek nie.

 

© De Waal Venter. 2013

Deel:

  • Click to share on Facebook (Opens in new window)
  • Click to share on Twitter (Opens in new window)

Lees meer

← De Waal Venter. Die stem van ‘n vrou
De Waal Venter. Onvolledige stelsel →

Meeste gelees

  • Versindaba kompetisie: “Mediese” poësie. Wen R7 000+ in prysgeld!
  • Wedstryd: Skryf ʼn parodie of ʼn pastiche
  • Resensie: "Grondstof" (Helena Ewert)
  • Bester Meyer. Water bind my aan jou naam
  • Resensie: "Silwerwit in die soontoe" (Imke van Heerden met Anil Bas en Etienne van Heerden)

Nuutste bydraes

  • Bert Bevers. Vrijgeleide voor piekeraars
  • Anne-Marie Bartie. logos (grieks- meervoud logoi)
  • Bert Bevers. Schommels zonder
  • Nuwe bundel: Rumi: Liefdesverse en aanhalings
  • AVBOB Persverklaring

Nuutste kommentaar

  1. Eduan Naude on Eduan Naudé. Aksent7 December 2023

    Ag dankie Nini ;)

  2. MC du Plessis on Anne-Marie Bartie. Soluswese6 December 2023

    "Gedigte vertaal iets wat buite gebeur na die letterkunde toe. Die geslaagde gedig spreek tot die diepste emosie en nie…

  3. Nini Bennett on Eduan Naudé. Aksent5 December 2023

    Wat 'n heerlike gedig, Eduan!

  4. Rina Cascione on Nini Bennett-Moll. Wanneer bemarking paradeer as literêre kritiek26 November 2023

    Nini, ek het jou skrywe met aandag gelees en begryp nie waarom daar so 'n storm losgebars het nie. Jy…

  5. Mart-Marié Uys on Nini Bennett-Moll. Wanneer bemarking paradeer as literêre kritiek26 November 2023

    Baie geluk met hierdie skrywe. Jy herinner mens weer wat die werklike verskil tussen lekemenings op Facebook en verantwoordbare resensies…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2023 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon