Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
25 February 201424 February 2014

Jacobus van der Riet. Twee gedigte

Die Heilige Lukas van Simferopol,

die geneesheer (1877-1961)

– Feesdag 11 Junie

 

Duisende duiwe vleg kranse van dons en veer

waar hulle sirkel bo en om ‘n vasberade stoet,

al langs die volgepakte strate van Simferopol

waar die somber note van die Trisagion rol

oor die hoof van ‘n komissaris wat wou verhoed

dat pasiënt en gelowige ‘n biskop vir oulaas eer.

 

Dan in ‘n chirurg se jurk, dan in ampsgewaad                                     

moes Vladika Lukas wonde laaf en sepsis keer

van lid- en ledemaat, nou met ‘n klamp of lanset,

nou met olie, bieg en homilie, selfs die toerniket

van die tug as priesters hulle met sonde besmeer,

of net die balsem van ‘n sagte oor en gryse raad.

 

Nog vlug skares siekes en beseerdes na sy graf,

oortuig dat God deur hom steeds genesing verskaf.

 

*

 

Die Heilige Nuwemartelaar Philoumenos

van Jakob se put (1913-1979)

 – Feesdag 29 November

 

O salige put waar God, eens moeg van die reis,

sit en om water vra, jy het nou ‘n kerker en kapel,

jou blikemmer klingel wanneer die monnik dit hys,

maar jy kan jou troue opsigters op een vinger tel.

 

Op straat word hy beledig, geskel en gespoeg,

maar hy was hom, kry lafenis, kwiksilwer koel,

sluk genoeg, sonder om te verwens of te wroeg

tot hy weer die blye fontein in sy binneste voel. 

 

Min weet die Sionis jy het vir die Heer alles feil,

jy het al lankal, Philoumenos, aan jouself gesterf,

wanneer hy kom om jou seënvingers met ‘n byl

af te kap, ‘n bloedige kruis in jou voorkop te kerf.

 

Laat sak my, gekraakte kruik, wanneer ek bedroë kom,

katrol my weer op, tot oorlopens toe vol, van Hóm. 

 

© Jacobus van der Riet / 2014 



Deel:

  • Click to share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Click to share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading...

Lees meer

Jacobus van der Riet. Twee gedigte →

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Resensie: "Dawerende stiltes" (Caren Kearley)
  • Resensie: "Wilma Stockenström: Met my wysvingertop" (Ronel Foster, red.)
  • Marlies Taljard gesels met Yves T’Sjoen oor "De ontdekking van het eiland" (Deel 1)
  • Joan Hambidge. Athol Harold Lannigan Fugard
  • Marlies Taljard gesels met Yves T’Sjoen oor "De ontdekking van het eiland" (Deel 3 - slot)

Nuutste bydraes

  • Joan Hambidge. Die digkuns as weefwerk
  • Bert Bevers. Aanwijzingen
  • Riaan le Roux. Kans
  • Paul Kloppers. bosluisvoël
  • Digtersprofiel: Marlise Joubert

Nuutste kommentaar

  1. Stephan du Toit on Stephan du Toit. Geboorteland13 January 2026

    Baie dankie Marthé.

  2. Bernard Odendaal on Bernard Odendaal. Musikale oomblik9 January 2026

    Dankie, Joan.

  3. Marthé McLoud on Stephan du Toit. Geboorteland9 January 2026

    Treffende gedig.

  4. Joan Hambidge on Bernard Odendaal. Musikale oomblik8 January 2026

    'n Uitstekende palinode - spel met Cloete. En die slot is 'n mokerhou! Jou gedig is treffend.

  5. Bernard Odendaal on Daniel Hugo. Voorbeeldig8 January 2026

    Treffend. En: Gesondheid in die rondheid!

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d