Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
28 February 2014

Alwyn Roux. stilte aan die ander kant van ruite

stilte aan die ander kant van ruite1

 

hy staar ʼn tydlank stip na die skerm

scroll na 2.4.1   dink die wysgeer het gelyk

die kunswerk onthul ʼn stryd

tussen wêreld en aarde

sit terug            lees die gedig (vir analise)

maak ʼn lys van woorde om te wys

hoe elk tot die een of ander hoort

 

is wêreld die onvoorstelbare geheel

waaraan ons onderworpe is

solank die paaie van lewe en dood

en seëning en vloek

ons in vervoering bring  

 

aarde dit waarin die oprys van alles

teruggeneem en beskut word

dit wat nie gedwing kan word nie

wat onvermoeid

en sonder inspanning is

 

luister hy met die geluid

van voëls hoe stilte aan die ander kant

van ruite klink

kyk hy weer na die skerm

en soek ʼn woord wat sonder aarde is

 

1 Met verwysing na Martin Heidegger se essay “The origin of the work of art” (2002:1-56).

 

© Alwyn Roux / 2014



Deel:

  • Click to share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Click to share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading...

Lees meer

Alwyn Roux. mens herken aan die mond van iemand →

3e gedagtes oor “Alwyn Roux. stilte aan die ander kant van ruite”

  1. Andries Bezuidenhout says:
    3 March 2014 at 10:36

    Ek hou ook baie hiervan. Digters by hulle vensters. Stilte anderkant ruite en ruimte.

    Reply
  2. Hilda Smits says:
    28 February 2014 at 16:36

    “…soek ʼn woord wat sonder aarde is”. Pragtig.

    Reply
  3. Maria Snyman says:
    28 February 2014 at 14:06

    “en soek ʼn woord wat sonder aarde is” – ‘n mooi reël, ‘n sweempie nostalgie, maar te tr.aag en aa-rds om werklik nostalgies te wees, die sagte (maar stemhebbende labio-velêre approksimant) w-klank wat wip sit ook ‘n tikkie aweregse humor in die humus-mundus polemos. Ek “dink die wysgeer het gelyk / die kunswerk onthul ʼn stryd”.

    Lekker skryf, Alwyn! Solank die “seëning en vloek” van die akademie “ons [nog] in vervoering [kan] bring” – is daar dalk hoop?

    Reply

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Resensie: "Dawerende stiltes" (Caren Kearley)
  • Resensie: "Wilma Stockenström: Met my wysvingertop" (Ronel Foster, red.)
  • Marlies Taljard gesels met Yves T’Sjoen oor "De ontdekking van het eiland" (Deel 1)
  • Marlies Taljard gesels met Yves T’Sjoen oor "De ontdekking van het eiland" (Deel 3 - slot)
  • Joan Hambidge. Athol Harold Lannigan Fugard

Nuutste bydraes

  • Resensie: “Atrium” (Marlise Joubert)
  • Meyer van Rensburg. BB
  • Stephan du Toit. Geklief
  • Margaret Cordier. Die mens as bouer
  • Joan Hambidge. George Steiner en Gerrit Kouwenaar

Nuutste kommentaar

  1. Hein Viljoen on Joan Hambidge. George Steiner en Gerrit Kouwenaar20 January 2026

    Joan Jy skryf: "By Kouwenaar: die maan en die perse word één". Die hele ryk Persiese wêreld - Babilon, spykerskrif,…

  2. Versindaba on 100 Duitse Bestes: Durs Grünbein (1962-)16 January 2026

    Van die kant van die Redaksie: Baie dankie Bernard Odendaal en Robert Schall dat Versindaba hierdie skitterende vertalings kon plaas.…

  3. Joan Hambidge on 100 Duitse Bestes: Durs Grünbein (1962-)15 January 2026

    Hierom dan dat George Steiner sy Poetry of thought aan hierdie manjifieke digter opgedra het. Ek (her)lees tans Steiner se…

  4. Joan Hambidge on 100 Duitse Bestes: Durs Grünbein (1962-)15 January 2026

    Dank. Die gedig as smoelneuker. Goed vertaal.

  5. Jacobus Swart on Joan Hambidge. Die digkuns as weefwerk14 January 2026

    Die digkuns is distillasie. Die taal is verhewig. Dit vereis dat die leser sy sokkies sal optrek. Want die digter…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d