Abdellatif Laâbi
Hierdie woorde, ‘n nederige gebed dat die barbarisme
nie hoop ook sal vermoor nie
ek getuig
ek getuig net Hy wie se hart bewe
van liefde vir sy medebroermense
sal ‘n mens kan wees
net Hy wat vuriglik méér vir hulle
as vir homself wil hê
vryheid, vrede, waardigheid
net Hy wat Lewe as heiliger
beskou dan sy geloof en sy gode
ek getuig slegs Hy
wat onverpoosd
die Haat in hom en om hom bestry
sal mens kan wees
slegs Hy wat hom afvra
wanneer sy oë oopgaan op die môre
wat gaan ek vandag doén
om te sorg ek behou my waarde en trots
as mens?
(Uit Frans vertaal deur Breyten Breytenbach)
*
Ce texte, une humble prière pour que la barbarie ne tue pas jusqu’à l’espoir
J’atteste
J’atteste qu’il n’y a d’Etre humain
que Celui dont le cœur tremble d’amour
pour tous ses frères en humanité
Celui qui désire ardemment
plus pour eux que pour lui-même
liberté, paix, dignité
Celui qui considère que la Vie
est encore plus sacrée
que ses croyances et ses divinités
J’atteste qu’il n’y a d’Etre humain
que Celui qui combat sans relâche la Haine
en lui et autour de lui
Celui qui dès qu’il ouvre les yeux au matin
se pose la question :
Que vais-je faire aujourd’hui pour ne pas perdre
ma qualité et ma fierté
d’être homme ?
Abdellatif Laâbi
10 janvier 2015
Geluk met hierdie inisiatief, Yves. En Breyten ook. Ek stem saam met Engela dat dit goed sal wees om so iets in ‘n stad soos Berlyn te sien.
Pragtige initiatiewe in Gent en die skole in Frankryk!
Ook hier in Berlyn (en die res van Duitsland) sou so n gebaar wonderlik wees. Ook hier het onderwysers ondersteuning nodig.
In Desember was die initiatief ‘I’ll ride with you’ onmiddelik na die aanslag op die Lindt Sjokolade Cafe in Sydney vir my geweldig indrukwekkend.
Ek wil die Versindabalesers graag aan herinner Breyten se “die digters se manifes van meelewing” – ek dink dit pas goed aan by hierdie asemrowende (so eenvoudig, maar so raak) “ek getuig”- gebeurtenis.
Skakel: https://versindaba.co.za/2011/05/16/breyten-breytenbach-die-digters-se-manifes-van-meelewing/
Ag, ek spaar u ‘n klik en plaas dit sommer weer hier soos ek dit in katalekte (2012:159-160) lees:
die digters se manifes van meelewing
ons is die digters / ons gun mekaar die vryheid van denke
en verbeelding / ons kyk die een na die ander
se woordeworstelinge soos kleuters wat Noag se arkeologie
met modelleerklei boetseer / en ons
is bly elkeen oor die vrug van die ander
se hande / ons is die digters / ons het gróót
medeklinkende harte wat belangeloos
opgaan in die liefde / ons is nie jaloers
of nydig nie / ons voel nooit afgeskeep nie /
ons oordeel en veroordeel nie / ons
probeer mekaar nie bewimpel met ekkerigsotiese
kontsepte van die Empaaier nie / nóg
sal ons ‘n ander ooit vergiftig met wierook
of met stroferoof in die kánondonder stuur /
ons is die digters / geringskattend
as woord is te tongbeduiwelend om ooit
vars en viets in ‘n vers lê gemaak te word
en ons ken nie van liemaak of vermakerigheid nie /
ons baklei immers nie vir krummels
van die baas se tafel nie / kyk, ons loer nooit af
en aap nooit na nie / ons is die digters / ons koer
wedersydse bewondering soos vredesduiwe /
buitendien: ons weet al ons lettergrype is torinkies
van as en sandkasteeltjies in die land / en óns
brandkerse in die wind van geskiedenis / dáárom
is ons monde welluidend van meelewing /
want ons is die digters / broers en susters /
so waarom sou ons mekaar ook ooit in die gat
of die oog koekeloerhoer of in die oond wil steek?
Baie dankie, Yves T’Sjoen. Dis verstommend (!) hoe vinnig en universeel poësie as radikale stelling van gedeelde menswees ‘n brug kan wees tussen uiteenlopende belewenisse van die ‘werklikheid’, en as herbevestiging van essensiële waardes verby demagogie en manipulering en selfs onbegrip. Ek weet van geen ander uitdrukkingsvorm wat tegelyk so intens privaat én gewortel in ‘n universele etiese bewussyn as ligpaal toeganklik kan wees nie.
Die oorspronklike teks van Laâbi gaan in ‘n groot oplaag gedruk as plakkate in Frankryk se skole versprei word. Ek sal hom verwittig van julle wonderlike gebaar in Gent.
Sterkte en groete!
Na overleg met Breyten Breytenbach, sinds december eredoctor van de Universiteit Gent, heb ik de afdeling communicatie van de alma mater bereid gevonden vandaag het door Breytenbach naar het Afrikaans vertaalde gedicht van Abdellatif Laâbi via de lichtkrant te verspreiden. De lichtkrant kan worden gelezen in de publieke ruimte: passanten op straat kunnen aan het gebouw van het Universiteitsforum Laâbi in het Afrikaans, door de ogen van Breytenbach, lezen. De namen van auteur en vertaler staan prominent geprojecteerd in het Gentse straatbeeld. Poëzie is op die manier, nog méér dan gewoon, een maatschappelijk issue, een gespreksonderwerp.
De UGent is een academische instelling met een maatschappelijke betrokkenheid. De uitreiking van een eredoctorsgraad is geen eindpunt maar betekent de erkenning, de geïnstitutionaliseerde waardering, voor een voedingsbron waaraan de academische gemeenschap, professoren en studenten, zich nu en in de toekomst zal laven. Met deze korte reactie wil ik publiek mijn appreciatie en dankbaarheid uitdrukken aan het adres van Abtellatif Laâbi, Breyten Breytenbach en Versindaba.
Marel: Ons lewe in verwarde en verwarrende tye en dit gaan vir seker nie makliker word vorentoe om nie oorrompel te word deur die ontvlugting van veralgemening en vereenvoudiging nie. En so baie van die bereidwilligheid (en vermoë) om dieper en alternatief te dink is reeds vernietig of stilgemaak.
Soveel te meer rede dan om die werk van denkers en aktiviste soos Abdellatif Laâbi – en gelukkig is hy nie die enigste nie – van naderby te leer ken. Hy was jare lank opgesluit en swaar gemartel in een van Marokko se berugte “tronke van vergeet”. Dit was tydens die bewind van Hassan 11, groot bondgenoot van die Israeli terreurstaat en een van die Afrika staatshoofde wat John Vorster se “détente” politiek in Afrika probeer bevorder het (wat sou neerkom op die pragmatiese aanvaarding van die Apartheid ideologie). Interessant genoeg ook dat Laâbi se ‘medepligtige’ ‘n veel ouer Joodse (Sefaraad) Marokkaan was, Abraham Serfaty. Hulle was saam die oprigters van ‘n llinkse polities-kulturele tydskrif. Serfaty, later met die bynaam van “die Mandela van Marokko, was 17 jaar lank in die tronk.
Dit help baie om op hierdie punt met al die barbarie iets so kosbaars raak te loop. Dankie Breyten, dat jy sy werk toeganklik maak vir so baie!
Wat n gedig – wat n vertaling!
‘wat gaan ek vandag doen
om te sorg ek behou my waarde en trots
as mens?’
Mag ons harte ‘ bewe
van liefde vir (ons) medebroermense’.
Dankie Abdellatif Laabi, dankie Breyten.
Puik vertaling van roerende woorde.
Lewe, Liefde, Lig, wat insypel in alles wat IS.