Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
14 January 201518 January 2015

Abdellatif Laâbi. “J’atteste” (Vertaling deur Breyten Breytenbach)

Abdellatif Laâbi

 

Hierdie woorde, ‘n nederige gebed dat die barbarisme

nie hoop ook sal vermoor nie

 

                                                ek getuig

 

ek getuig net Hy wie se hart bewe

van liefde vir sy medebroermense

sal ‘n mens kan wees

net Hy wat vuriglik méér vir hulle

as vir homself wil hê

vryheid, vrede, waardigheid

net Hy wat Lewe as heiliger

beskou dan sy geloof en sy gode

ek getuig slegs Hy

wat onverpoosd

die Haat in hom en om hom bestry

sal mens kan wees

slegs Hy wat hom afvra

wanneer sy oë oopgaan op die môre

wat gaan ek vandag doén

om te sorg ek behou my waarde en trots

as mens?

 

(Uit Frans vertaal deur Breyten Breytenbach)

*

 

Ce texte, une humble prière pour que la barbarie ne tue pas jusqu’à l’espoir

 

J’atteste

J’atteste qu’il n’y a d’Etre humain

que Celui dont le cœur tremble d’amour

pour tous ses frères en humanité

Celui qui désire ardemment

plus pour eux que pour lui-même

liberté, paix, dignité

Celui qui considère que la Vie

est encore plus sacrée

que ses croyances et ses divinités

J’atteste qu’il n’y a d’Etre humain

que Celui qui combat sans relâche la Haine

en lui et autour de lui

Celui qui dès qu’il ouvre les yeux au matin

se pose la question :

Que vais-je faire aujourd’hui pour ne pas perdre

ma qualité et ma fierté

d’être homme ?

Abdellatif Laâbi

10 janvier 2015

 

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

← Breyten Breytenbach. Huldeblyk: Tomaz Salamun (1941 – 2014)
Breyten Breytenbach. “en skielik is dit stil” →

9e gedagtes oor “Abdellatif Laâbi. “J’atteste” (Vertaling deur Breyten Breytenbach)”

  1. Charl-Pierre Naude says:
    18 January 2015 at 22:33

    Geluk met hierdie inisiatief, Yves. En Breyten ook. Ek stem saam met Engela dat dit goed sal wees om so iets in ‘n stad soos Berlyn te sien.

    Reply
  2. Engela Geyer says:
    17 January 2015 at 20:04

    Pragtige initiatiewe in Gent en die skole in Frankryk!
    Ook hier in Berlyn (en die res van Duitsland) sou so n gebaar wonderlik wees. Ook hier het onderwysers ondersteuning nodig.
    In Desember was die initiatief ‘I’ll ride with you’ onmiddelik na die aanslag op die Lindt Sjokolade Cafe in Sydney vir my geweldig indrukwekkend.

    Reply
  3. maria snyman says:
    17 January 2015 at 15:32

    Ek wil die Versindabalesers graag aan herinner Breyten se “die digters se manifes van meelewing” – ek dink dit pas goed aan by hierdie asemrowende (so eenvoudig, maar so raak) “ek getuig”- gebeurtenis.
    Skakel: https://versindaba.co.za/2011/05/16/breyten-breytenbach-die-digters-se-manifes-van-meelewing/

    Ag, ek spaar u ‘n klik en plaas dit sommer weer hier soos ek dit in katalekte (2012:159-160) lees:

    die digters se manifes van meelewing

    ons is die digters / ons gun mekaar die vryheid van denke
    en verbeelding / ons kyk die een na die ander
    se woordeworstelinge soos kleuters wat Noag se arkeologie
    met modelleerklei boetseer / en ons
    is bly elkeen oor die vrug van die ander
    se hande / ons is die digters / ons het gróót
    medeklinkende harte wat belangeloos
    opgaan in die liefde / ons is nie jaloers
    of nydig nie / ons voel nooit afgeskeep nie /
    ons oordeel en veroordeel nie / ons
    probeer mekaar nie bewimpel met ekkerigsotiese
    kontsepte van die Empaaier nie / nóg
    sal ons ‘n ander ooit vergiftig met wierook
    of met stroferoof in die kánondonder stuur /
    ons is die digters / geringskattend
    as woord is te tongbeduiwelend om ooit
    vars en viets in ‘n vers lê gemaak te word
    en ons ken nie van liemaak of vermakerigheid nie /
    ons baklei immers nie vir krummels
    van die baas se tafel nie / kyk, ons loer nooit af
    en aap nooit na nie / ons is die digters / ons koer
    wedersydse bewondering soos vredesduiwe /
    buitendien: ons weet al ons lettergrype is torinkies
    van as en sandkasteeltjies in die land / en óns
    brandkerse in die wind van geskiedenis / dáárom
    is ons monde welluidend van meelewing /
    want ons is die digters / broers en susters /
    so waarom sou ons mekaar ook ooit in die gat
    of die oog koekeloerhoer of in die oond wil steek?

    Reply
  4. Buiteblaf Breytenbach says:
    16 January 2015 at 21:47

    Baie dankie, Yves T’Sjoen. Dis verstommend (!) hoe vinnig en universeel poësie as radikale stelling van gedeelde menswees ‘n brug kan wees tussen uiteenlopende belewenisse van die ‘werklikheid’, en as herbevestiging van essensiële waardes verby demagogie en manipulering en selfs onbegrip. Ek weet van geen ander uitdrukkingsvorm wat tegelyk so intens privaat én gewortel in ‘n universele etiese bewussyn as ligpaal toeganklik kan wees nie.

    Die oorspronklike teks van Laâbi gaan in ‘n groot oplaag gedruk as plakkate in Frankryk se skole versprei word. Ek sal hom verwittig van julle wonderlike gebaar in Gent.

    Sterkte en groete!

    Reply
  5. Yves T'Sjoen says:
    16 January 2015 at 16:50

    Na overleg met Breyten Breytenbach, sinds december eredoctor van de Universiteit Gent, heb ik de afdeling communicatie van de alma mater bereid gevonden vandaag het door Breytenbach naar het Afrikaans vertaalde gedicht van Abdellatif Laâbi via de lichtkrant te verspreiden. De lichtkrant kan worden gelezen in de publieke ruimte: passanten op straat kunnen aan het gebouw van het Universiteitsforum Laâbi in het Afrikaans, door de ogen van Breytenbach, lezen. De namen van auteur en vertaler staan prominent geprojecteerd in het Gentse straatbeeld. Poëzie is op die manier, nog méér dan gewoon, een maatschappelijk issue, een gespreksonderwerp.
    De UGent is een academische instelling met een maatschappelijke betrokkenheid. De uitreiking van een eredoctorsgraad is geen eindpunt maar betekent de erkenning, de geïnstitutionaliseerde waardering, voor een voedingsbron waaraan de academische gemeenschap, professoren en studenten, zich nu en in de toekomst zal laven. Met deze korte reactie wil ik publiek mijn appreciatie en dankbaarheid uitdrukken aan het adres van Abtellatif Laâbi, Breyten Breytenbach en Versindaba.

    Reply
  6. Buiteblaf Breytenbach says:
    16 January 2015 at 10:40

    Marel: Ons lewe in verwarde en verwarrende tye en dit gaan vir seker nie makliker word vorentoe om nie oorrompel te word deur die ontvlugting van veralgemening en vereenvoudiging nie. En so baie van die bereidwilligheid (en vermoë) om dieper en alternatief te dink is reeds vernietig of stilgemaak.

    Soveel te meer rede dan om die werk van denkers en aktiviste soos Abdellatif Laâbi – en gelukkig is hy nie die enigste nie – van naderby te leer ken. Hy was jare lank opgesluit en swaar gemartel in een van Marokko se berugte “tronke van vergeet”. Dit was tydens die bewind van Hassan 11, groot bondgenoot van die Israeli terreurstaat en een van die Afrika staatshoofde wat John Vorster se “détente” politiek in Afrika probeer bevorder het (wat sou neerkom op die pragmatiese aanvaarding van die Apartheid ideologie). Interessant genoeg ook dat Laâbi se ‘medepligtige’ ‘n veel ouer Joodse (Sefaraad) Marokkaan was, Abraham Serfaty. Hulle was saam die oprigters van ‘n llinkse polities-kulturele tydskrif. Serfaty, later met die bynaam van “die Mandela van Marokko, was 17 jaar lank in die tronk.

    Reply
  7. Marel says:
    15 January 2015 at 23:00

    Dit help baie om op hierdie punt met al die barbarie iets so kosbaars raak te loop. Dankie Breyten, dat jy sy werk toeganklik maak vir so baie!

    Reply
  8. Engela Geyer says:
    14 January 2015 at 08:56

    Wat n gedig – wat n vertaling!
    ‘wat gaan ek vandag doen
    om te sorg ek behou my waarde en trots
    as mens?’
    Mag ons harte ‘ bewe
    van liefde vir (ons) medebroermense’.
    Dankie Abdellatif Laabi, dankie Breyten.

    Reply
  9. Myra Lochner says:
    14 January 2015 at 07:31

    Puik vertaling van roerende woorde.
    Lewe, Liefde, Lig, wat insypel in alles wat IS.

    Reply

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. verskille
  • Anne-Marie Bartie. vlinderslag
  • Hendrik J. Botha. Teen sononder
  • Anne-Marie Bartie. bewys van betaling
  • Marius Crous. Twee mombakkiesliedjies

Nuutste bydraes

  • Digtersprofiel: Johan Myburg
  • Joan Hambidge. Piromaan
  • Joan Hambidge. My geliefde voormalig
  • Jasmyn Beetge. Delikaat
  • Hennie Maartens. oorskot

Nuutste kommentaar

  1. Margaret Cordier-Biermann on Margaret Cordier-Biermann. Vrye teuels16 July 2026

    Dankie, Andre — jy verf gedigte en ons ry nou tyd en woorde bloots.

  2. Andre Roothman on Margaret Cordier-Biermann. Vrye teuels15 July 2026

    Uiters gemaklik op die literere verteringsstelsel. tyd die tiran het sy deugde.

  3. Toekie on C Fritze. Boodskap aan die see14 July 2026

    Pragtig geskryf. Het dit baie geniet.

  4. Bernard Odendaal on Daniel Hugo. Wat ’n vers kan verraai en vermag13 July 2026

    Die onderbenoeming - konkreter: die min woorde - roep treffend ‘n ysliker en aaklige “werklikheid” op.

  5. Karin on C Fritze. Boodskap aan die see13 July 2026

    Dié gedig praat met my hart en met my siel. Ek verlang na die klank en die reuk van die…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • onderhoude
  • Onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d