Roosdig
.
In die skemergloed, in die skrape
aan die dag se gekwesde voet,
het vader Ludwig die sierkleed
van ’n roos vermoed: alarmrooi,
ligtend gelaag teen die naderende nag
met sy sterklitse en maan.
.
Hy het na die snysel in sy palm gestaar,
dit teen horison en vlam beskou,
en in die kweekhuis van sy hande
kroonblaar en nektar konsentries
daarom tot vuurknop, geurkruik
en kokarde vir Venus gevou.
.
Selde nog is verwonding so perfek
tot septer geskulp – digters,
minnaars en rouklaers knieknik voor haar.
.
© Nicolette van der Walt / 2016
Dankie, Marli.
Pragtig