Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-M)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
31 October 20161 November 2016

Nicolette van der Walt. Hyperion

Hyperion

Sequoia sempervirens

 

Óók hierdie reus se oorsprong is minuskuul,

die vlug van saad uit die keël windaf

na waar varings en valleie sag

in die mis wag. Teen die slape van heuwels

kring die stam uit die kalligrafie

van sy wortels. ’n Buurtwag

van swamnetwerke spoor die boom

op die lang reis na die kroon aan –

selfs lig maak ruimte vir hom.

Die oppergod van die vertikales,

aartsvader en super fotosinteerder

slaap nie; hy konsentreer elke sening

op die opwaartste beweging van

voedingstowwe en reën –

die geduld van heiliges is eie aan hom.

Onaangeraak deur herfs

rig die rooihoutboom eeue

van suurstof en skadu teen die son op,

en in die holtes van ouhout, skuilte

aan gevlekte ooruile.

 

Ingeplaas in ’n laagte langs ’n kus skuil

die hoogste een teen die mens:

óók die stryd om bewaring is kolosaal.

 

 

© Nicolette van der Walt / 2016

Deel:

  • Click to share on Facebook (Opens in new window)
  • Click to share on Twitter (Opens in new window)

Lees meer

← Nicolette van der Walt. Roosdig
Nicolette van der Walt. Doekvoet →

6e gedagtes oor “Nicolette van der Walt. Hyperion”

  1. Susan Smith says:
    2 November 2016 at 11:08

    Wat ‘n wonderlike gedig, Nicolette!

    1. Nicolette van der Walt says:
      2 November 2016 at 17:17

      Baie dankie, Susan!!

  2. FRANCO COLIN says:
    1 November 2016 at 15:19

    “fotosindeerder” eerder dalk “fotosinteerder” n.a.v. fotosintese. Aangrypend!!

    1. Nicolette van der Walt says:
      1 November 2016 at 16:27

      Dankie, Franco. Dis inderdaad ‘n tikfout. Dankie vir die fynlees!

      {Webmeester het fout herstel! mj}

  3. Daniel Hugo says:
    1 November 2016 at 06:48

    Lieflike, aktuele gedig, Nicolette!

    1. Nicolette van der Walt says:
      1 November 2016 at 16:28

      Waardeer jou terugvoer, Daniël. Baie dankie!

Kommentaar is gesluit.

Meeste gelees

  • Versindaba kompetisie: “Mediese” poësie. Wen R7 000+ in prysgeld!
  • Wedstryd: Skryf ʼn parodie of ʼn pastiche
  • Resensie: "Grondstof" (Helena Ewert)
  • Bester Meyer. Water bind my aan jou naam
  • Resensie: "Silwerwit in die soontoe" (Imke van Heerden met Anil Bas en Etienne van Heerden)

Nuutste bydraes

  • Bert Bevers. Vrijgeleide voor piekeraars
  • Anne-Marie Bartie. logos (grieks- meervoud logoi)
  • Bert Bevers. Schommels zonder
  • Nuwe bundel: Rumi: Liefdesverse en aanhalings
  • AVBOB Persverklaring

Nuutste kommentaar

  1. Eduan Naude on Eduan Naudé. Aksent7 December 2023

    Ag dankie Nini ;)

  2. MC du Plessis on Anne-Marie Bartie. Soluswese6 December 2023

    "Gedigte vertaal iets wat buite gebeur na die letterkunde toe. Die geslaagde gedig spreek tot die diepste emosie en nie…

  3. Nini Bennett on Eduan Naudé. Aksent5 December 2023

    Wat 'n heerlike gedig, Eduan!

  4. Rina Cascione on Nini Bennett-Moll. Wanneer bemarking paradeer as literêre kritiek26 November 2023

    Nini, ek het jou skrywe met aandag gelees en begryp nie waarom daar so 'n storm losgebars het nie. Jy…

  5. Mart-Marié Uys on Nini Bennett-Moll. Wanneer bemarking paradeer as literêre kritiek26 November 2023

    Baie geluk met hierdie skrywe. Jy herinner mens weer wat die werklike verskil tussen lekemenings op Facebook en verantwoordbare resensies…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2023 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon