Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
31 October 20161 November 2016

Nicolette van der Walt. Hyperion

Hyperion

Sequoia sempervirens

 

Óók hierdie reus se oorsprong is minuskuul,

die vlug van saad uit die keël windaf

na waar varings en valleie sag

in die mis wag. Teen die slape van heuwels

kring die stam uit die kalligrafie

van sy wortels. ’n Buurtwag

van swamnetwerke spoor die boom

op die lang reis na die kroon aan –

selfs lig maak ruimte vir hom.

Die oppergod van die vertikales,

aartsvader en super fotosinteerder

slaap nie; hy konsentreer elke sening

op die opwaartste beweging van

voedingstowwe en reën –

die geduld van heiliges is eie aan hom.

Onaangeraak deur herfs

rig die rooihoutboom eeue

van suurstof en skadu teen die son op,

en in die holtes van ouhout, skuilte

aan gevlekte ooruile.

 

Ingeplaas in ’n laagte langs ’n kus skuil

die hoogste een teen die mens:

óók die stryd om bewaring is kolosaal.

 

 

© Nicolette van der Walt / 2016

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

← Nicolette van der Walt. Roosdig
Nicolette van der Walt. Doekvoet →

6e gedagtes oor “Nicolette van der Walt. Hyperion”

  1. Susan Smith says:
    2 November 2016 at 11:08

    Wat ‘n wonderlike gedig, Nicolette!

    Reply
    1. Nicolette van der Walt says:
      2 November 2016 at 17:17

      Baie dankie, Susan!!

      Reply
  2. FRANCO COLIN says:
    1 November 2016 at 15:19

    “fotosindeerder” eerder dalk “fotosinteerder” n.a.v. fotosintese. Aangrypend!!

    Reply
    1. Nicolette van der Walt says:
      1 November 2016 at 16:27

      Dankie, Franco. Dis inderdaad ‘n tikfout. Dankie vir die fynlees!

      {Webmeester het fout herstel! mj}

      Reply
  3. Daniel Hugo says:
    1 November 2016 at 06:48

    Lieflike, aktuele gedig, Nicolette!

    Reply
    1. Nicolette van der Walt says:
      1 November 2016 at 16:28

      Waardeer jou terugvoer, Daniël. Baie dankie!

      Reply

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. verskille
  • Anne-Marie Bartie. vlinderslag
  • Hendrik J. Botha. Teen sononder
  • Anne-Marie Bartie. bewys van betaling
  • Marius Crous. Twee mombakkiesliedjies

Nuutste bydraes

  • Digtersprofiel: Johan Myburg
  • Joan Hambidge. Piromaan
  • Joan Hambidge. My geliefde voormalig
  • Jasmyn Beetge. Delikaat
  • Hennie Maartens. oorskot

Nuutste kommentaar

  1. Margaret Cordier-Biermann on Margaret Cordier-Biermann. Vrye teuels16 July 2026

    Dankie, Andre — jy verf gedigte en ons ry nou tyd en woorde bloots.

  2. Andre Roothman on Margaret Cordier-Biermann. Vrye teuels15 July 2026

    Uiters gemaklik op die literere verteringsstelsel. tyd die tiran het sy deugde.

  3. Toekie on C Fritze. Boodskap aan die see14 July 2026

    Pragtig geskryf. Het dit baie geniet.

  4. Bernard Odendaal on Daniel Hugo. Wat ’n vers kan verraai en vermag13 July 2026

    Die onderbenoeming - konkreter: die min woorde - roep treffend ‘n ysliker en aaklige “werklikheid” op.

  5. Karin on C Fritze. Boodskap aan die see13 July 2026

    Dié gedig praat met my hart en met my siel. Ek verlang na die klank en die reuk van die…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • onderhoude
  • Onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d