leweroep
Vredefortkoepel
volgens oorlewering
het T.T. Cloete gepraat van die mooie
gloor by Kopjeskraal
‘n meteoriet het hier
in beeldverhaal
klippe papierdun verpulp
drifkoppe gepenetreer met
ruimtesaad en so
die moes van aardse moer
buitentoe gesmyt
as geelklei
kwartsietsye basterrooibos
die skielike skuinste
van ‘n denkbeeldige as
(c) Fransi Nieuwoudt / Julie 2016
Baie dankie. 🙂 Ek waardeer jou woorde.
Ek bly in Parys en boer as fotograaf gereeld op die Kopjeskraalpad, Fransi jy het die gebeure van daai dag pragtig verwoord en ons area al te mooi beskryf, dankie!