Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
10 October 20161 November 2019

René Bohnen. Sondag en Sol Plaatje

VI6Dit is 9 Oktober en Sol Plaatje se verjaarsdag. Dubbeld spesiaal, dus, dat die 2016 Sol Plaatje Poetry Anthology vandag vrygestel word en die wengedig aangekondig word. Die geleentheid vind plaas by Sci-Bono in Newtown en ons word verwelkom met koffie, eetgoed en ʼn versameling boeke te koop. Ek is bankrot nog voor die verrigtinge begin.

Hierdie is die 6de jaar dat die Sol Plaatje European Union Poetry Award toegeken word en die gehoor bestaan uit enkele langlysdigters, kinders, akademici, uitgewers en ander belangstellendes vroeg op ʼn Sondagoggend. Ons is almal duidelik in ons noppies om in die bloemlesing opgeneem te wees en in die oggend te deel.Die bloemlesing is mooi versorg en vir my is die voorblad besonder treffend, met ʼn foto deur Lindeka Qampi.

VI 1

Dit is die eerste keer dat die Mail & Guardian LitFest deel is van die Sol Plaatje toekenning en daar word ook aangekondig dat die Nirox Foundation ʼn drieweeklange kunstenaarsverblyf aan die wendigter skenk. Die EU Ambassadeur, Marcus Cornaro, verduidelik die EU se betrokkenheid by die toekenning en die borg van die prysgeld. Die blootstelling van digterstemme in al elf landstale word geprys, tesame met die boodskap van die strewe na kohesie en begrip. Die beoordelaars, vertalers, Jacana Uitgewers en almal betrokke word aan ons voorgestel en daar is vanselfsprekend opgewondenheid rondom die teenwoordigheid van Mongane Wally Serote, ikoniese digter en hoofbeoordelaar.

VI2 VI3

Verskeie digters dra van hulle gedigte voor en ek kry vir die eerste keer kans om Pieter Odendaal van InZync faam te hoor en agterna te ontmoet. Pieter het ook die Engelse vertalings van die Afrikaanse gedigte behartig. Die Johannesburg-gedigte is nogal sterk teenwoordig en sekere frases bly steek in die geheue – “piesangs en bloed in jou strate” en “who gets mugged on the Nelson Mandela bridge”, daar is ook vele verwysings na die goudbedryf, die abnormale arbeidssituasies en armoede (“a hungry stomach has no ears”). Slam-poetry word verteenwoordig, asook die tema van feminisme en huishoudelike geweld. Dit is duidelik dat digters steeds betrokke skryf en dat die struggle op vele fronte voortduur, al sy dit in ʼn gewysigde gedaante met addisionele brandpunte. Ek leer nuwe gesigte ken, probeer nog almal onthou en name by my foto’s pas. Ek sit langs vriendin en mede-digter Lara Kirsten, ons is kort-kort taamlik emosioneel oor wat voorgedra word. Ons kies ook vinnig met groot binneplesier onderlangs ons eie wenner uit die kandidate.

Siphokazi Jonas beïndruk met haar voordrag van Mambhele’s Harvest  en is dan ook uiteindelik die wenner van die Tweede Prys. Die 2016 wenner van die Sol Plaatje Award is ook 2015 se wenner, Athol Williams, wat onmiddelik ná die geleentheid terugkeer na Oxford waar hy ʼn oggendlesing moet bywoon. Die Derde Prys wenner is Charles Marriott van Kaapstad. Ek het net ʼn baie klein kameratjie byderhand, maar neem nogtans foto’s.

VI4

Die pryse word deur Mongane Wally Serote oorhandig, ons verdaag om verder tee te drink en dalk die “after party” in Troyeville by te woon. Maar eers hang almal bietjie rond in die gange van die Sci-Bono gebou en groet, maak vriende, belowe om kontak te behou, drentel al geselsend uit in die Newtown sonlig, groetend, glimlaggend met ʼn gekweste hart en onthou die gedagte dat ons almal moet skryf en leef om nie net mense uit die skaduwees te kry of die skaduwees te verklein nie, maar om daarna te streef dat almal eendag in die lig kan leef.

VI9

Volledige persverklaring hier: https://gallery.mailchimp.com/13a0d1ec92f556db796ceb35b/files/Sol_Plaatje_Winners_PR.01.pdf

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

← René Bohnen. Ronkedoor by Noag se Ark
Onderhoud met Pieter Odendaal (Asof geen berge ooit hier gewoon het nie) →

1e kommentaar op “René Bohnen. Sondag en Sol Plaatje”

  1. Marie Bredenkamp says:
    11 October 2016 at 14:05

    Weer eens ‘n inspirerende beskrywing van die wêreld van digters en poësie wat ‘n tinteling deur die are stuur. Dankie René!

    Reply

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Margaret Cordier. Gestroop
  • Willem de Swyger. bokwagter

Nuutste bydraes

  • ND Cronjé. wiskunde
  • Driekie Grobler. skoffeer
  • Digtersprofiel: Pieter Odendaal
  • Yves T’Sjoen. “’n pêrel stilte”
  • Joan Hambidge. Cussons en “Die knetterende woord”

Nuutste kommentaar

  1. Versindaba on Gunther Pakendorf. hoe dooier hoe mooier16 September 2026

    Dankie Gunther. So op Breyten se verjaarsdag (Pampoendag). - Marlies Taljard

  2. Annora Eksteen on Gerrit Theron. Die vuurhoutjie11 September 2026

    Net so. Ek kan nie sonner my voorraad vuur houtjies nie. Kerse en gasstofie en die Kaap is heerlik Frans…

  3. Annora Eksteen on Vers-en-klank: Joan Hambidge11 September 2026

    Bai geluk professor Joan! Lank leef! ♥

  4. Bernard Odendaal on Resensie: “Van man tot man” (Olive Schreiner, versorg & verwerk deur JM Coetzee, vert. deur Antjie Krog)10 September 2026

    Jy het my nou nog nuuskieriger gemaak. Dankie, Marlies!

  5. Yves T'Sjoen on Joan Hambidge. Sheila Cussons en Dominique Botha: Die ander waarheid8 September 2026

    Bijzonder interessant, Joan. Er valt een boeiende literatuurgeschiedenis te schrijven op basis van dergelijke literaire correspondenties of consonanties. Dat betekent…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • onderhoude
  • Onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d