Doekvoet
(Bunolagus monticularis)
In die Karoo Hooglande is tyd
in die sterre,
en deur die groot teleskoop
kan jy die oorsprong van die heelal
tussen Jupiter se mane
en kwasars opspoor.
Die Khoisan kon die melkweg
met die naakte oog bespied
en in die donker niet
van riete die spoor
van doekvoetjies naloop.
Deur die geweerlope van jagters
verskiet die skaars sterre
van die haseryk: die doekvoet
se tyd loop soek-soek uit.
© Nicolette van der Walt / 2017