Voltrekking
Svendborg, 2017
Diepnag. Nagdiepte.
Bibbering.
Middelwinter.
Ek tuur, ná middernag.
Na swane op ʼn meersee.
Skeertuie. Kalkoene van Boeddha.
Oop kolle
op ʼn swart skildery.
Die slaaprok van Rothko
se geheime minnares.
Oor wie
hy so wit gedroom het.
In ongelyke, serene stukke.
Geskeur. En op die water gegooi.
Groot konsternasie.
By die afslaer. Die kaaiklok tingel.
Selfs die mooiste, mooiste meisies
(met witste glimlagte)
kan soms ʼn stukkie vis wil vang.
Geen grap nie.
Na benede moet duik.
Suurstof.
Ruimtevaarders.
Die helderwit pakke.
Gewigloos. Skaatsers.
Oor en weer, op en af.
Bo gelyk aan onder.
Swart swart swart.
Snorkel nie vergeet nie.
Natuurlik nie. Nag, mos.
Fyn kuns. Van wit porselein.
Blaas.
Oggendbeuel.
Die buiging van die nekke.
Militêre presisie.
Oorgang.
Onderhandeling.
Geslag.
Verekussing.
Sneeu. Op die meersee.
En natuurlik
die swane.
Dankie vir die waardering, Desmond en Yves. Ek hoop dit gaan goed met julle albei. Ek het so pas die artikel oor Herbert en BB gekopieer, Yves, en wil dit straks gaan lees met die aandag wat dit verdien.
Knap gedicht, CP. Ik lees het met jouw permissie voor de vele studenten Afrikaans in Gent.
Lieflike gedig.