Post-Koronagedigte
Lockdown, Mei 2020
In hierdie uur val die boomblare
op pas vergeelde grasperke
in ontwikkelde stadserwe.
Halsstarrige wurms krioel verbete
oor hul droë, geel uiteinde.
Vinke, mossies en ander pikante
grasperkpikkers verlustig hulle-
self op kaal takke aan die petalje.
Jy huil eenkant oor jou lover se hande
wat oor grense heen aan jou klewe.
In hierdie uur bring jy vir my brood
as ‘n teken dat ons nog soort van lewe,
met die dood alom eet ons in stilte.
Die voëls ook, in die grendelkilte.
© Christo van der Westhuizen, 2020