Verby
Dikwels skrik ek wakker uit my dag,
sien die lug bo my hang: ʼn stilstaande see.
Daar is nooit wolke nie, net die ure wat verbyvaar
soos bemanninglose lugskepe. Ek staar elkeen agterna tot dit weg-
sink in die verte, totdat daar aan die ander kant van die aarde
dooie walvisse uitspoel tussen sterre.
© Elmarie Viljoen-Massyn, 2021