Elmarie Viljoen-Massyn. Kopskuif

 

Kopskuif

 

Hierdie son van my doen maar net wat sonne

doen: kom op, die ene vuur en vlam, skuifel weswaarts

soos die dag sy gang gaan.

 

Hierdie son van my word wat sonne is:

ʼn meesterwatertrekker, van eie ondergange

die skitterendste bewerker.

 

© Elmarie Viljoen-Massyn, 2021

 

Bookmark and Share

Comments are closed.