Elisabeth Eybers op ‘n hospitaalbed
‘n berig
oor die ekshibisionis Han van Meegeren
vroeër die oggend in die koerant raakgelees
kom vlugtig by jou op
pas na middagete
in ‘n bedbaadjie
deur kussings op-gebeur
jou knie ‘n puinhoop
uit die bloute
‘n welkome besoeker uit jou binnekring
gaaf
uit sy stroop gelig
in spekulatief-belese Noord-Europese lig
gee jy vir haar
met n deurwinterende hand
vanaf jou skinkbord
in sy kardanusring
‘n halwe perske in ‘n porseleinbakkie
van raklewe geen sprake meer nie
onuitstelbaar subfebriel
die stompsinnige nasny
van ‘n flitsende lepel in omblosde oranje
netjies kou sy op haar stoel
geslote lippe gepers
voor sy sluk
dit is jou blik
wat in haar afsak
spysbry voor die pilorus aangemeld
bekragtigde gildebrief
om met ander se goed
die woord te laat erf
© Jacobus Swart, 2021