Johann Joachim Winckelmann
die kuisheid van armoede
jeugdige blos op die wang
sober bloed
van aangesig tot aangesig
staan jy in die pouslike binnehof
woord en beeld
na mekaar gekeer
in groter juistheid
meer as waarheid
vir mekaar gegee
in Trieste
op jou bed
met die mes in jou maag
die opening van die mond
weidse liturgie
op klipwande van Egiptiese kelders
provenance vir beide
deur Francesco Arcangeli beëdigd verklaar:
ek het daardie pris sensuele lippe
tong en wit tande
in die Big Mac laat byt
© Jacobus Swart, 2021