Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
28 May 202230 May 2022

Wenner van die gedigkompetisie: Oekraïne en Rusland

 

LOUIS ESTERHUIZEN

(“Diaspora”)

 

 

EERVOLLE VERMELDING:

JOHANN LODEWYK MARAIS

(“AK47”)

 

 

 

Die volgende gedigte het goed gevaar in die finale rondte:

 

“irina se klavier” – Marlise Joubert https://versindaba.co.za/2022/03/20/marlise-joubert-irina-se-klavier/

Uit die Bergtesgarten – Pirow Bekker https://versindaba.co.za/2022/03/26/pirow-bekker-uit-die-bergtesgarten/

Vuurslag – Joan Hambidge  https://versindaba.co.za/2022/03/05/joan-hambidge-vuurslag/

Vreemde Lente – Neels Jackson  https://versindaba.co.za/2022/03/15/neels-jackson-vreemde-lente/

Wladimir Poetin – Johann Lodewyk Marais  https://versindaba.co.za/2022/03/23/johann-lodewyk-marais-wladimir-poetin/

SIawa! – Mellet Moll  https://versindaba.co.za/2022/03/22/mellet-moll-slava/

 

Beoordelingsverslag:

Om gedigte vergelykend te beoordeel is ’n moeilike taak en onvermydelik word dit beïnvloed deur die beoordelaar se eie poëtiese aanvoeling en voorkeur. Ek was dus baie versigtig om objektief te probeer wees. Die opdrag bly wel om die gedigte as gedigte te beoordeel al gaan dit om ’n bepaalde tema. Dit gaan dus nie primêr om die tema as maatstaf nie, hoewel die diepgang in die hantering van die tema wel ’n rol speel. Om darem ’n vergelykingsbasis te hê het ek die gedigte punte gegee: almal is relatief goed, maar mens soek die uitskieter, die een wat in jou bly naklink en waarvan die nawerking sterk is. So ’n gedig is gewoonliik die een waarin tema en vorm versmelt en ’n eenheid vorm. Om myself verder te toets het ek die gedigte in drie afsonderlike sessies, telkens ’n paar dae uitmekaar gelees en oorweeg.

“Diaspora” en “AK-47” was vir my die gedigte wat uitstaan. Elkeen bevat ’n eiesoortige trefkrag. As ek moet kies tussen die twee, is die enigste verskil dat “Diaspora” nader aan die gegewe tema gebly het, terwyl “AK-47” ’n meer algemene oorlogsgedig is. Ek sou voorstel dat “Diapora” eerste geplaas word met spesiale vermelding van “AK-47”.

Heilna du Plooy

Jeffreysbaai

27 Mei 2022.

 

*******

 

Diaspora

All forms of violence are quests for identity.

When you live on the frontier, you have no identity.

You’re a nobody. — Marshall McLuhan

 

Geen trein is lank genoeg vir hierdie vrag nie.

Geen afstand te na of ver genoeg

vir die uittog tussen soveel roet en as

in trokke wat al treurende reis

na waar plate swart gebrande canola

die nalatenskap van miljoene oë

karteer nie.

 

Geen lokomotief is hier kragtig genoeg

om waens te haak en verby al hierdie veryling

te sleep nie – elke halte is gepak

met derduisende gesigloses, silwer vissies

is hulle nou, hier byeengebring

as die net se uitskot,

iedereen,

 

om skoongemaak, gevlek, en neergelê te word

in ʼn eie geblikte harnas van vrees

sonder heenkome. Want geen lokomotief

is sterk genoeg vir hierdie vrag,

geen stoker

 

braaf genoeg om die vragwaens

van alles wat agtergelaat word, te rangeer

op die dwaalspoor

van hierdie verskrikking nie.

 

 © Louis Esterhuizen / Maart 2022

 

********

 

AK-47

 

Michael Kalashnikov was ’n digter

en in die Groot Patriotiese Oorlog

is hy by die Slag van Brjansk Oblast

in die regterskouer raakgeskiet.

Ná die mopper van gewondes se lot

het hy in sý bed ’n gasgedrewe

aanvalsgeweer bedink wat ligter is.

Van dié uitvindsel bestaan miljoene

oor die wye en droewe wêreld heen –

lig genoeg vir ’n kind om te kan dra

en kragtig genoeg om olifante,

renosters en hope wilde diere

net soos menselewens neer te maai.

Maar die skuld vir die bloed wat vergiet is

en ’n klad op nagedagtenis laat:

Kan ’n digter se verse dit uitwis?

 

© Johann Lodewyk Marais, 2022

 

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

1e kommentaar op “Wenner van die gedigkompetisie: Oekraïne en Rusland”

  1. Louis Esterhuizen says:
    31 May 2022 at 08:37

    Baie dankie, Versindaba. Hierdie is gewis ‘n lekker verrassing. En ‘n eer, geoordeel aan al die ander uitstaande verse.

    Reply

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Margaret Cordier. Gestroop
  • Willem de Swyger. bokwagter

Nuutste bydraes

  • AVBOB Persverklaring
  • Joan Hambidge. Cussons twee verse oor rose
  • Ferdi Wheeler. Mars
  • Willem M. Roggeman. Het wit van Roger Raveel
  • bevan boggenpoel. winter

Nuutste kommentaar

  1. Versindaba on Gunther Pakendorf. hoe dooier hoe mooier16 September 2026

    Dankie Gunther. So op Breyten se verjaarsdag (Pampoendag). - Marlies Taljard

  2. Annora Eksteen on Gerrit Theron. Die vuurhoutjie11 September 2026

    Net so. Ek kan nie sonner my voorraad vuur houtjies nie. Kerse en gasstofie en die Kaap is heerlik Frans…

  3. Annora Eksteen on Vers-en-klank: Joan Hambidge11 September 2026

    Bai geluk professor Joan! Lank leef! ♥

  4. Bernard Odendaal on Resensie: “Van man tot man” (Olive Schreiner, versorg & verwerk deur JM Coetzee, vert. deur Antjie Krog)10 September 2026

    Jy het my nou nog nuuskieriger gemaak. Dankie, Marlies!

  5. Yves T'Sjoen on Joan Hambidge. Sheila Cussons en Dominique Botha: Die ander waarheid8 September 2026

    Bijzonder interessant, Joan. Er valt een boeiende literatuurgeschiedenis te schrijven op basis van dergelijke literaire correspondenties of consonanties. Dat betekent…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d