Die winter het te vroeg gekom
Granate moes nog sonryp word
Om ons granaatwyndors te les
Die winter het te vroeg gekom
Ons liefde het nog in die knop gestaan
Ons harte was nie klaar geblom
Die winter het te vroeg gekom
Ons hande het nog skaam gevat
Ons wou nog baie nader lê
Die winter het te vroeg gekom
My lewenskruik was leeg gegiet
Olyfoes was nie ryp vir pars
Die winter het te vroeg gekom
Hierdie gedig – ’n inskrywing vir die jaarlikse AVBOB Poësiekompetisie – is in die AVBOB Poësiebiblioteek gepubliseer, en word herpubliseer met toestemming van die AVBOB Poësieprojek. Klik hier om toegang tot meer as 17 000 gedigte in al 11 amptelike Suid-Afrikaanse tale te kry: https://www.avbobpoetry.co.za/Poem/ViewAll