Wenners van kwatrynkompetisie “Insekgedrag: Menslik betrag”
Baie geluk aan Johann Lodewyk Marais, die wenner van die kwantrynkompetisie Insekgedrag: Menslik betrag.
Hildegard Klein se gedig is aangewys as die tweedebeste, met René Bohnen ‘n kortkop agter haar.
Baie geluk aan die wenners!
Prof. Joan Hambidge het beoordeel.
Johann Lodewyk Marais
Geestelike
Sphodromantis gastrica
Vanmiddag het ek onverwags besoek
van ’n geestelike ontvang – in ’n hoek
het hy my die leviete voorgelees
met wyshede uit die Heilige Boek.
© Johann Lodewyk Marais
Hildegard Klein
Kameeldoring en mier
Welkom, miersoldate, in die ruim basis
van my dorings, pas-gemaak vir julle gerief!
As julle tog net die ruspes wat so ‘n las is,
soms die skrik op die lyf sal jaag, asseblief!
© Hildegard Klein, 2022
René Bohnen
Vlinderkafee
(Danaus chrysippus)
Die dame in haar kolletjiesrok
drink soet blomsap deur ‘n dun strooitjie.
Word sy na ʼn ander blom gelok,
los sy korrels stuifmeel as fooitjie.
© René Bohnen
Baie geluk aan die waardige wenners. Jul werk is absoluut puik!
Baie dankie vir die erkenning. Ek waardeer dit.
Dankie Versindaba. Geluk, Johann, daai geestelike is nou by my ingeprent!