DARWIN AAN DIE KAAP
1836
Die HMS Beagle seil traag in
in Tafelbaai en ná vyf jaar
glimmer die dek en stink
van poliep, plankton en jellievis,
lê in balies eksemplare
van die subtropiese oseaan;
en bly kapt. FitzRoy in sy kajuit
met sy logboek en die Skrif.
Maar die jong man glip uit
na die swart rotse by Seepunt
en besoek Tafelberg, Leeukop,
Seinheuwel, Drakenstein,
Sir Lowryspas en die Vlakte –
net ’n skone, Kaapse dorpie
om by af te klim, uit te stap
en te kýk wat aan ’t verander is.
© Johann Lodewyk Marais, 2022