Johann Lodewyk Marais. Sekelbos

 

Sekelbos

Dichrostachys cinerea subsp. africana

 

Sade in die peule ritsel

en motte fladder uit skadu’s,

hul vlerke wapper soos ’n kleed

in die intieme aanraking.

 

Die vlamme spel verandering

en verhaas die gang van tyd

om lewe einde toe te lei

na ’n volstrekte hiernamaals.

 

Liefde, vuur en dood verenig

wanneer sy haarself oorlewer

om verbrand te word, vir oulaas

warm gloei en ons sag aanraak.

 

© Johann Lodewyk Marais, 2022

 

Bookmark and Share

Los kommentaar

 

*