Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
22 August 2023

Marthé McLoud. Besoek aan die eiland Iona

 

Besoek aan die eiland Iona

(Skotland)

 

Die veerboot dreunkreun van Mull na Iona.

Ons kykers kry ’n vasvatgreep op die omgewing –

die eiland van vervreemding waar die

Gees van God reeds vir geslagte sweef.

 

Nou staan die huisies klappertand gejas, die trekvoëls vort,

net ons, die swaeltjies van die Suiderrond

migreer om enkeldiep in koue mieliepap te sak

en ysnaaldsweet van wenkbroue te vee.

 

Die Vinger van God troon bo die dorpie uit.

Die kinders kamp op kloosterbanke uit,

neem lawwe foto’s van mekaar en lag gedemp.

Ek vrees vuurvlamme en die wraak van God.

 

Laatmiddag neem ons die laaste veerboot terug.

Ons motor gly gevaarlik op die pas

ruk ons tot teen die ewigheid, maar die Gees

van God het ook tot hier gesweef.

 

© Marthé McLoud, 2023

 

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

← Marthé McLoud. Haar naam was Ester
Marthé McLoud. Kudde →

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. kapitulasie
  • Jacques Boshoff. Die hond in Desember
  • Margaret Cordier. Wes-kus Desember
  • Margaret Cordier. Tog
  • Stephan du Toit. Florence Nightingale

Nuutste bydraes

  • Nini Bennett-Moll. Die poëtika van towerspreuke
  • Andries Fourie & Carma Shaw. Heroïse Sonnettekrans – Openbaring
  • Daniel Hugo. Kuns-matig
  • Ilse van Staden. aart poetica
  • Ferdi Wheeler. Also spreek Spinoza

Nuutste kommentaar

  1. Linda on Ferdi Wheeler. Also spreek Spinoza4 November 2026

    Goed bewoord en mooi vloeiende gedig

  2. Marthé McLoud on Johann Lodewyk Marais. Die Kaap, die Swartland en W.E.G. Louw op Stellenbosch3 November 2026

    Hoe bring dit nou herinneringe terug. Dr Roelie van Huysteen was ons buurman en huisdokter op Stellenbosch toe ek 'n…

  3. Joan Hambidge on Marius Crous. Vier gedigte26 October 2026

    Uitstekend.

  4. Versindaba on Marius Crous. Vier gedigte25 October 2026

    Jacobus, "Dr. Swathe" se onvanpaste kommentaar is verwyder.

  5. Etienne on Andries Fourie. Waar die stilte wit is24 October 2026

    Mooi

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d