lente
uit bloeisels word die lente ryp
in appelkoosbome wat versag en lentelug
wat tydlank dansende bye dra
bloeisels word bestuif
in hierdie wêreld waar ek in my ontaardheid
dwaal kom die lente tot vervulling
stilstaande spruite staan soggens vol en verkleur as
dit in die sonlig baai; die daglig gallop soos dou
wat die rykdom van die lentelug verklik en kom oor die
vele velde en die bitter bitterbosse aan
waarom die rousmart wat soms in
brandende pyne opeens skryn
en die stamelende woorde wat as
vermyding dien bly die pyne onvermydelik
in elke geboorte wat verskyn
© Hennie Maartens, 2023