onsterflik?
terwyl die tyd tydloos verloop
draai die aarde
rondom die son
en ons besin
om bestaan te versin
luister na meerkatskottels
wat uitkoms sal bied
beplan ‘n vlug
om die heelal te betree
stoor moerbeiblare
vir die maer jare
maar is die heelal besig
met nebulae en swart gate
terwyl die tyd tydloos verloop
© Hennie Maartens, 2023
Remember that the AVBOB Poetry Competition reopened on 1 August 2023. Visit our website regularly at https://www.avbobpoetry.co.za/ for editing tips and advice as well as updates about upcoming workshops.