Blouwalvis
Hy weeg oor die honderd ton, sê Gooogle; sy tong soveel soooos ʼn olifant.
Oooook, sê Goooooogle, is daar 1,335 miljoen kubieke kilometer water in die see.
ʼn Getal te grooooooot vir die verstand, sou mens sê.
Tog nie groooooooot genoeg dat honderd ton homself kan
skaars hou nie, dat walvis en plastieksak noooooooooit paaie sal kruis nie.
Hoe gereeld hoooooooooor mens nie van walvis
weer op die verkeerde tyd,
die verkeerde plek nie?
Dit blyk moeiliker te wees vir plastieksak om uit walvis se pad te bly
as vir walvis om te swem deur die ooooooooooog van ʼn strooooooooooooitjie.
© Elmarie Viljoen-Massyn, 2023