haikoe kwintet
sossusvlei
gemsbok teug water
uit lugspieëling op die
oker duineveld
visrivier canyon
melkweg: het God dít
ontsluier en fees gevier,
dáárdie Oukersnag?
waterberg
teen die nánaglug
klipspringer proe aan poele
helder sterrelig
vrededorpse begrafplaas
jasmyn wierook op
word newelsluier om die
skugter lentemaan
groot marico
aandluggie suis sag
fluisterend deur my drome
se jong fluitjiesriet
© Leunis van Rooyen, 2023