Die woord
Wanneer die dag
soos ‘n bruid uit die bad klim
dwing ek myself die deur uit
‘n wȇreld in
waar die gedruis van dinge
my drome verdring,
tog is die woord altyd daar
fluisterbiddend
sag singend
vir elke mens
wat dié dag seer sou kry
dié nag teer sou ly,
ontbloot aan die lem
die byt in ‘n stem
die dood in ‘n kyk,
altyd daar
vir elke mens
voor wie genade wyk
oor wie die toekoms twyfel
wat daagliks teen die grein bly skuifel
só naak
in hul gewaad
in die kruistog
op straat.
© Vincent Oliphant, 2024
Remember, the annual AVBOB Poetry Competition opens for submissions on 1 August 2024, with fabulous cash prizes available to the winners. Visit www.avbobpoetry.co.za to familiarise yourself with the competition rules and start preparing your best words.
Die woord slaan mens maar altyd vir ‘n ses!