Sy wat onder die Karoomaan geloop het
sy het die sterre se lig in haar hare gedra
haar woorde was elke nuwe dag vir my
sy met winkende weerkaatsings in haar donker oë
wat dryf in die nag soos ver planete om ons son
en die Suiderdiamant glinster en glimlag
en al sy diamante het gewag vir ons om te kom
in skitterende vry nagte
in die skoon Kamdeboo
© Annora Eksteen, 2024
