Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
4 September 2024

Johann van der Walt. kies jou eie titel en plaas dit hier

 

 

kies jou eie titel en plaas dit hier

 

op ‘n stoep in paulshof – dié openbaring:

ek voel soos ‘n genuine fokken poet

danie sweer dit op die goedkoop dooswyn langs die stoel

sê dan hy voel pretentious nes afrikaanse poets

met dié vra ek hoe ‘n digter dan ‘n front voorsit

want die woorde voel gepas op hierdie aand

so asof dit nog altyd op die bodem van sy glas opgekrul was

sy oë glaserig teen die draai van indringerige hoofligte

’n skerp gelaster van ‘n bmw wat die sirkel buite die kompleks skil

dan spat danie se antwoord verby sy lippe

so asof daar ‘n dubbelpunt vanself gaan volg

poets glo mos afrikaanse digkuns kan slegs oorleef

binne die perke en reëls wat die toppe jare terug voorgeskryf het

hy sê digters dink hulle is ‘n klub van konserwatiewe elites

digters speel pretend dat alles steeds okei is in afrikaans

glas skaars kafgedraf skink hy weer sonder verskoning

hy sê hy pretend vanaand dat hy ook is okay is

nes afrikaanse poetry

maar die dringendheid van sy stem verklap die moontlike resultaat

dis waar, dinge kan nie so aangaan nie

sy gesuipery gepaard met die pretend to be fine

sonder verandering sál iets boet

vieslik ook

óf dit danie is

óf dalk afrikaanse digkuns

weet ek nie

 

© Johann van der Walt, 2024

 

Deel:

  • Click to share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Click to share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading...

Lees meer

← Johann van der Walt. Optog verby die vervaldatum

1e kommentaar op “Johann van der Walt. kies jou eie titel en plaas dit hier”

  1. Johann de Lange says:
    4 September 2024 at 12:50

    as ek dan nou moet
    kies tussen danie &
    die afrikaanse digkuns
    ten slotte
    is die keuse maklik

    Reply

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Joan Hambidge. Kerstyd 2024
  • Jacques Boshoff. Ontoereikend
  • Sharon Goliath. Here Hoe Groot Is U
  • Ruan Fourie. kindness is modern magic
  • Cobus Kruger. Deepfakes

Nuutste bydraes

  • Daniel Hugo. Rust-mijn-ziel: Digters gedenk Aucamp
  • Jacques Boshoff. Die hond in Desember
  • Elisma van Zyl. My Magnificat
  • Johann Lodewyk Marais. Windhoek se “onvolmaakte” kunswerk
  • Resensie: “waar daar eens ’n see was” (Jennifer Pape)

Nuutste kommentaar

  1. Bernard Odendaal on Rus in vrede Tony Ullyatt10 December 2025

    Voorwaar droewe nuus. As letterkundedosent, digter en poësievertaler ‘n uitmunter gewees.

  2. Rina Cascione on Nini Bennett. My Octopus Teacher5 December 2025

    'n Allerlieflike gedig oor 'n wonderlike dokumentêr. Dankie Nini! Jy het dit met soveel verbeelding vasgelê.

  3. Johan on Sanette Scheepers. Vrykoop5 December 2025

    Ek hou daarvan en ek verstaan die inhoud.

  4. Ben Nel on Andrea Sieberhagen. Ontsnapping5 December 2025

    Andrea, jy is ‘n rots Baie dankie vir jou bydrae tot die samelewing! Groete Ben

  5. Schalk Botha on Andrea Sieberhagen. Een helder ster4 December 2025

    Dis dalk nie die beste aand om hierdie impakvolle gedig te lees en te bedink nie; veral om uit ‘n…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2025 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d