optog verby die vervaldatum
jong wit donsies verstrengel aan ‘n groot swart kombers
dis wat lennie, charl se ouer broer, ons noem
kortbroek kontkoppe met kantpaadjies vir luise
daarby sê hy ons is plainweg fucked up oók
want ons loop steeds met sole sagter as pantoffels
staar teen oogklappe van wielie walie en pumpkin patch vas
en ons ore is verstop met die klanke van storieman
maar volgens hom kan die kasset nie meer omgedraai word nie
daai dae is nou verby- die huishond is sy bank kwyt
hy sê ons verstaan nie die slinksheid van ‘n straathond nie
of hoe hy reeds stilweg die suburbs jare terug ingesluip het nie
hy sê ‘n townshipbrak loop deur sy eie kak sonder kortpad
‘n desperate dier wat hap na anargie en empty promises
vlieë dwaal met leuens om sy smoel opsoek na leftovers:
streetwise two’s wat voor die verkiesing uitgedeel is
kyk, sê lennie terwyl hy in sy neus grou,
hulle dood nie eers van verkoue of griep nie
daai is nie ‘n kiem as jou velkleur jare lank plaag was nie
maar lennie het ‘n oplossing – die pad gepave na die toekoms
hy sê hy sal op ons pis dan ruik ons soos backyard honne
want dit wat ons is mag eintlik nie meer bestaan nie
ons moet tog net verstaan dat die reuk van pis en sweet
waarborg dat geen vreemde hond of kommunis
jan van riebeeck óf europa aan ons poepholle sal ruik nie
© Johann van der Walt, 2021