Nuwe app help dat besighede minder kos mors – én help jou sak
Netwerk24 26/03/2025
honger
weet jy van honger meneer weet jy van honger
terwyl jy in jou motor ry
soek ek op ashope vol kommer
na vermufde brood om my van hongerpyne te bevry
nee jy weet nie van honger meneer nee jy weet nie van honger
by die stopstraat staan ek smekend
om ‘n waterdruppel uit jou lekkende kraan
by die stopstraat staan ek smekend
om die ongebruikte kos wat in jou asblik vergaan
ja jy weet nie van honger meneer jy weet nie van honger
© Hennie Maartens, 2025
